Diabetes Werkswinkel by Wholeness@Mosaiek


Ons medewerker wat die leier van ons Diabetesondersteuningsroep vir die afgelope 5 jr is, Cornelia Laubscher, het Saterdag 12 November 2011 'n suksesvolle Diabetes Werkswinkel by Wholeness@Mosaiek gereel.  Kinny, ons administrateur by Pastorale Sorg, Razana van Diabetes SA en Cornelia het die reelings gekoordineer en saam het hierdie staatmakers 'n oggend van uitnemende standaard laat gebeur. Van die uitstallers het diabetiese aanvullings en maaltydvervangings kom bekendstel. 

 

Die sprekers wat waardevolle inligting tot die oggend gebring was:

 

1. Amanda van Huyssteen - Dieetkundige by Wilgeheuwel Hospitaal

2. Dr Jenny Laithwaite - Oogspesialis by die Johannesburgse Ooghospitaal

3. Lauren Williamson Moloi - Biokinetikus in privaatpraktyk

4. Gerda van Rensburg - Voetkundige

5. Dr Johan Ferreira - Sielkundige by Wholeness@Mosaiek.

 

Baie dankie aan die borge vir die geskenkpakkies en die eetgoed.

 

Kontak gerus vir Cornelia op 082 444 4698 vir meer inligting rakende die maandelikse ondersteuningsgroep by Wholeness@Mosaiek.

Nuus

Artikels

X
Loading