Desember 2011 E-pos Nuusbrief



Desember 2011 ...

Ons wil graag vir jou en jou gesin ’n wonderlike Kerstyd toewens. Mag hierdie seisoen, as ons die geboorte van Jesus herdenk, gevul wees met vreugde, vrede en liefde.

Geseënde Kersfees.

***

Kerstyd dienstye

2011 is amper verby en ons herinner jou graag aan die dienstye tydens die Kersseisoen.

04 Desember: 08:30, 10:15 en 19:00
11 Desember: 08:30, 10:15 en 19:00
18 Desember: 09:00 (Slegs EEN oggenddiens) en 19:00 – Kerssangdiens
24 Desember: 18:00 (Herhaal op 25 Desember)
25 Desember: 09:00 (Geen aanddiens, buiten Klipkerk om 18:00)
31 Desember: 18:00 (Herhaal op 1 Januarie)
01 Januarie: 09:00 (Geen aanddiens, buiten Klipkerk om 18:00)
08 Januarie: 08:30, 10:15 en 18:30 (Klipkerk vind om 17:30 plaas)

Preekreekse

Want 'n Kind is vir ons gebore...

"Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem:
Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors." (Jesaja 9:5)

27 November, Wonderbaar - Johan Geyser AM - Pieter le Roux PM
04 Desember, Immanuel - Trevor Hudson AM - Roelof Nel PM
11 Desember, Everlasting Father - Trevor Hudson AM - Jacques Bornman PM
18 Desember - 09:00, Sterke God - Stephan Joubert
18 Desember - 19:00, Spesiale Kerssangdiens
24 Desember - 18:00 & 25 Desember - 09:00, Vredevors - Johan Geyser
31 Desember - 18:00 & 1 Januarie - 09:00, Niks beter as vrolik wees nie... - Stephan Joubert

Gemeentekantore sluit vir die vakansie.

Die gemeentekantore sluit vanjaar op 15 Desember en heropen op
3 Januarie 2012.

In 'n noodgeval maak gerus gebruik van die Pastorale Sorg Noodlyn by 082 372 6818, of vir enige ander inligting besoek gerus mosaiek.com.

***

Aandbyeenkomste vanaf 8 Januarie 2012

Om ’n groter impak op ons community en saam-kuier op ’n Sondagaand te hê, word ons aanddienste en die Klipkerkbyeenkomste op ’n Sondag albei met ’n halfuur vervroeg. Die Klipkerk sal dan om 17:30 plaasvind, en die aanddiens om 18:30.

***

Missional Expressions - Peace Project

Oor die volgende maand of wat pak ons saam met Missional Expressions die Peace Project vir 2011 aan. Ons wil hierdie jaar ons fokus plaas op Hospice, seniorsorg, hospitale, sekuriteitswagte by ons komplekse asook Fairland Polisiestasie.

Daar is koeverte beskikbaar waarop jy kan aandui of jy op Kersdag wil help pakkies uitdeel en of jy ‘n finansiële bydrae wil maak. Omdat Kersdag op ‘n Sondag val, gaan dit great wees as mense direk na die dienste ‘n pakkie of pakkies kan gaan afgee voor hulle huistoe gaan.

Indien jy by die projek wil inskakel, of vir meer inligting besoek die toonbank in die ingangsportaal, of kontak Nerina Reinach / 011 268 4702.

Akademie

Die Mosaïek Akademie word in Januarie 2012 geloods, waardeur 6 programme aangebied word wat deur SATS aanvaar word met die oog op voltooiing van 'n B.Th-graad in Teologie.

Die Akademie kan jou help om jou roeping te ontdek. Jy kan ook deur die proses duidelikheid kry oor jou roeping in jou huidige omstandighede, of die studies kan jou toerus vir 'n totaal nuwe rol wat jy moontlik in die toekoms kan vervul. Kursusonderwerpe sluit in Jeugwerk, Musiek en Spiritualiteit, Leierskap, Spiritualiteit, Pastorale Sorg en Geestelike Begeleiding.
Dié modules word bekostigbaar aangebied as 'n kombinasie van klasloop én afstandstudies. Die leerervarings duur vanaf 1 Maart tot 30 Oktober 2012.

Indien jy belangstel vul gerus 'n 'hou my ingelig'-poskaart in by die i-desk of hierdie webvorm.
Navrae kan gerig word aan Baretta Nel 011 215 7202 / barettan@mosaiek.com

***

Planet J en Mez’o

Mosaïek se laerskool- en hoërskoolbedienings, Planet J en Mez’o sluit 4 Desember 2011 en heropen weer 22 Januarie 2012.
Tydens die feesseisoen gaan daar wel “activity packs” vir Planet J kinders voorsien word.
Vir meer info oor registrasies vir 2012 kontak gerus vir Planet J en vir Mez’o.

***

Dienswerkgeleentheid

Daar is verskeie dienswerkgeleenthede by Mosaïek as deel van verskeie spanne in verskillende arenas. Indien jy dit oorweeg om by een van die spanne in te skakel in 2012, gesels met Pieter le Roux / 011 268 4712.

Ons profiel op Twitter

 

Ons Podcast-kanaal

 

Ons algemene e-pos adres

 

Ons Facebook-page

facebook twitter
 

Powered by Mad Mimi®

Nuus

Artikels

X
Loading