Mosaïek het die voorreg gehad om vir ‘n groep van 10 kunstenaars van Woodmen Valley Chapel in Colorado Springs die geleentheid te skep om Suid Afrika, meeste van hulle vir die eerste keer, te kom besoek. Hulle besoek het deel gevorm van een van die eerste internasionale projekte van die nuut gestigte NGO, Awakening Artists onder leiding van Cindy West. Cindy is die direkteur van Worship Kunste by Woodmen Valley Chapel en sy het saam met Mosaïek, vir nege transformerende dae die span begelei om stories uit Afrika te ontdek en uit te beeld deur middel van kreatiewe fotografie, video, skilderkuns, sketse en die geskrewe woord. Cindy West, self ‘n kunstenaar, skrywer, regisseur, vervaardiger en kunste-bedieningsleier, het op Dinsdag 8 Maart in Mosaïek se Viaticus gebou haar hart kom deel oor die droom....’Awakening the artist within’.
Dié aand was daar ‘n ‘buzz’ van afwagting en artistieke potensiaal met die saamkoms van kunstenaars en kunste leiers vanuit verskeie buurgemeentes en ook uit Mosaïek se gemeenskap. Onderwyle Cindy haar aanbieding gelewer het het twee ervare kunstenaars, van Mosaïek en WVC onderskeidelik, elk ‘n kunswerk geskep om iets van die aand se belewenis te ‘capture’. Die stuk geskep deur Stef van Deventer van Mosaïek is as geskenk saam met die WVC span teruggeneem na Colorado en die stuk geskep deur Rita Dickerson van Woodmen, sal nou teen die Inspirerende Kunstespan van Mosaïek se mure hang. Kristin Wood, ‘n Musiekleier by Woodmen het ook haar artistieke gawes ingespan met twee sang-itemme die aand. Die eerste lied Tell me, het sy self gekomponeer en geskryf vir die besoek aan Suid-Afrika en die tweede lied wat sy besonders mooi gelewer het is getiteld Awakening van Chris Tomlin.
In haar boek “Saying Yes” vertel Cindy van haar eie journey om ja te sê vir die uitnodigings wat God in haar lewensposbus gepos het, asook om te kan skep vanuit ‘n plek ‘that’s truest of you’. Sy vertel ook van die uitdagings wat haar pad langs gekom het as ‘n leier van kunstenaars. Sy rig die uitnodiging aan elke kunstenaar ‘to say YES to their individual creative callings’, om die volgende stap te neem in hul eie individuele artistieke journeys. Die verskillende definisies van Awakening sê ‘stop sleeping; return to consciousness; cause to change; cause transformation; to come alive’. Die uitnodiging om ja te sê vra dat ons sal ontwaak tot die kunstenaar binne ons en die werke wat binne ons individuele gawes versteek lê. Cindy droom oor al die kunswerke wat nog geskep moet word, wat hierdie wêreld nog nie eers besef dit moet besigtig of ervaar nie.
Cindy lig drie goed uit vir die rol van die kunstenaar van vandag: call – die uitnodiging, community – die gemeenskap en compassion – die wêreld. Haar mening is dat ‘Christ-following artists are to lead the way and lead in excellence’. In gemeenskap kan ons mekaar bemoedig, uitdaag en so ook intensioneel en kreatief harte skuif en lewens verander. As kunstenaars word ons geroep om ander se stories te vertel wat nie’n stem het nie en om te skep vanuit hierdie wêreld se skoonheid en gebrokenheid. Dit mag ons dalk vra om buite ons gemak te beweeg, diep van onsself te kan gee of laat gaan en soms donker plekke te moet besoek. Maar soos ons lees in Es 37:14 ‘I will put my Spirit in you and you will live and I will settle you in your own land’, herinner Cindy dat ons dit nie alleen aanpak of voltooi nie maar eerder dat ons elke dag ‘collaborate’ met die Meester, ons Skepper.
“Great art is something that, when experienced lifts you out of yourself, puts you in another dimension, and places you back down transformed.”
-Sister Wendy Beckett
Related Sites
http://awakeningartists.wordpress.com/
http://facebook.com/awakeningartists/
http://wvcglobalimpact.wordpress.com/category/south-africa-2011/