ArTimes September 2011



September 2011 ... Nuusbrief #1

Ons eerste nuusbrief van ons Inspirerende Kunste sien uiteindelik die lig; en ons is uiters opgewonde daaroor. Ons wil graag van hierdie medium gebruik maak om jou meer te vertel oor wat orals binne die kunste aangaan; wat ons medewerker-kunstenaars mee besig is; en sommer net allerhande lekker nuus wat op ons van toepassing is. Ons hoop julle geniet dit.
Groete
Diani

***

ArtSync is die Inspirerende Kunste van Mosaïek se maandelikse 30minute byeenkoms op die eerste Dinsdagaand van elke maand - vir alle kunstenaars in die gemeente.

ArtSync - 6 September 2011

Ons volgende ArtSync vind plaas op Dinsdagaand, 6 September 2011 in die Mezzanine om 19:00 tot 19:30. Daarna mag daar moontlik 'n interaktiewe sessie met jou bedieningsleier wees, of 'n oefening of geskeduleerde byeenkoms. Ons sien uit om jou daar te sien. RSVP asb by jou bedieningskakelpersoon.

***

Medewerkers op die Staatsteater-verhoog

Baie geluk aan Marlee van der Merwe, Nadia Beukes, JC Snooke en Janelie Kruger wat almal hulle incredible gawes aanwend in die opkomende produksie van Ester, die musical. As jy mooi kyk pronk Marlee op die poster, saam met Nadia se pa, Rouel Beukes. Janelie Kruger werk hard agter die skerms op die produksie wat tot begin Oktober in die Staatsteater hardloop, die planke te laat sien. Van ons almal af: 'Break a leg!'.

***

Nadia 'leef met hart en siel'

Dalk was jy ook verras om gereelde Mosaïek-nuus aanbieder of blyspel-kunstenaar, Nadia Beukes op die voorblad van hierdie maand se Leef, met hart & siel-publikasie te sien. Haar onlangse rolle in 'Tree aan' en 'Hartland' saam met Deon Opperman, is onder meer van die dinge waarmee hierdie passievolle medewerker haarself besig hou. Trots op jou, Nadia!

***

Nuwe ouers!

Braam en Petru Bredenkamp het op 1 September 2011 'n dogtertjie, Delinda Alet, verwelkom. Braam dien reeds so 18 maande as kommunikasie-gids by Mosaïek; hou homself gereeld aanbieder op Mosaïek-Nuus; en vang balle as dit by drama of koor-dinge kom. Petru aan die anderkant gaan nou ongelukkig 'n rukkie moet terugstaan uit die blyspel- en dansarena's uit, totdat hulle klein dogtertjie die oefeninge kan meemaak. Baie geluk julle!

***

Nail-It ... Visual Poets-inisiatief

The _Visual Poets_are taking hands with Eureka DIY to host the first "Nail it" young artist development competition. This project is held in conjunction with the annual Embark Arts and Crafts Expo which raises funds for various community projects.The competition seeks to provide a opportunity for artists who want to showcase their talent. The competition is aimed at artists 16 years and older, who are either beginners in art or who cannot claim to be professional or successfully established artists as yet.

'n Hart vir jongmense

'n Hele paar van ons spanlede: Michelle Cronje, Bobby Tait, Tiaan Schulz en talle tegniese medewerkers het in Augustus hande bygesit by Campus Harvest se aangeleentheid saam met onder andere Retief Burger en ons eie Manie Botha. Michelle en Bobby het ook toe nog gaan uithelp by ander gemeentes in Port Elizabeth en Kaapstad. Dankie dat julle ook so 'n verskil maak om die Here se koninkryk te laat kom in ons land.

Reg vir Sondae

Elke Saterdag spring Tiaan Schulz en Mlungisi Makhanya (Mlu) saam met medewerkers Anton Bezuidenhoudt, Willem van der Loo en Johan Marais vroeg aan die werk om die verhoog wat vir Idols aangepas was, te omskep in die verhoog wat ons gemeente op 'n Sondag-oggend kan verwelkom. Hulle herhaal weer 'n omgekeerde oefening Sondagaande na die 19:00 diens. Dankie dat julle ons gemeentetuiste weekliks vir ons voorberei. Waardeer julle!

Binnekort op die groot skerm

Morne du Toit, daardie vernuftige, skreeusnaakse en uiterse talentvolle komediant, akteur, skrywer, regisseur etc. se eerste vollengte rolprent word in Desember vrygestel. Die titel: 'Hoofmeisie'! Morne het verlede jaar kort na Haweloos na sy familie in Sedgefield vertrek om die stuk te gaan pen, en hulle het in April aan die rolprent begin skiet. Daar is nog hope werk wat vir hom voorlê, maar ons hou duim vas saam om te sien wat met die opwindende projek gebeur.

There and back again ...

.
Jasmyn Pretorius (medewerker in ons musiekspan) het onlangs teruggekeer na 'n opwindende geleentheid om te open by die Eurovision 2011 liedjie kompetisie. As Suid-Afrikaanse verteenwoordiger uitgekies deur 'n hele hoop internasionale beoordeelaars het sy die aangeleentheid in Duitsland geopen met 'Dit is vir jou' en 'Boodskap vir jou hart'. Ons kan nie wag om te sien wat volgende kom nie, singende Jasmyn!

Ook in die kollig.

Love om ook medewerkers te sien wat die kans kry om op ander verhoee hulle talente uit te leef: Marno van der Merwe (One Hit Wonders - Boma Alberton; wat toevallig deur Ettienne Booysen gepen is), Estelle Kriek (Rocky Horror Picture Show - Barnyard) en Deidre Fable (Produksie van Crawford College se Cinderella and the Great Hall)
Lare Birk (drama en blyspel-medewerker) het onlangs in Los Angeles gaan deelneem aan The World Championships for Performing Arts onder leiding van Ellen Roux. Hier het Lare flink uitgestap met nie net 2 goue en 3 silwer toekennings nie, maar ook 'n studie-beurs by die New York Conservatory of Dramatic Arts. Baie geluk Lare!

Hou ons in die 'Loop'

Hou ons op hoogte met verwikkelinge wat in jou lewe of bedieningspan gebeur (goeie nuus, slegte nuus, nuwe werk, verloof, swanger, gebedsversoek). Stuur enige sulke nuusbrokkies of info aan jou bedieningsleier om aan te stuur, of sommer direk aan my.

Ons hoor graag van jou.

Diani, en die res van die Inspirerende Kunste-span.

 
 
twitter
 

Powered by Mad Mimi®

Nuus

Artikels

X
Loading