Die Inspirerende Kunste-span wil graag van hierdie medium gebruik maak om jou meer te vertel oor wat orals binne die kunste aangaan; wat ons medewerker-kunstenaars mee besig is; en sommer net allerhande lekker nuus wat op ons van toepassing is. Ons hoop julle geniet dit.
Groete
Diani
|
ArtSync is die Inspirerende Kunste van Mosaïek se maandelikse 30minute byeenkoms op die eerste Dinsdagaand van elke maand - vir alle kunstenaars in die gemeente.
ArtSync - 11 Oktober 2011
Weens die Idols-finaal wat op Dinsdag 4 Oktober op die Mosaïek-kampus plaasvind, sal hierdie maand se ArtSync skuif na Dinsdagaand, 11 Oktober 2011 in Viaticus 102, om 18h30 vir 19:00. Daarna sal ons in groepe verdeel vir interaktiewe sessies met die onderskeie bedieningsleiers, of die geskeduleerde weeklikse oefeninge vir dienste ens. Ons sien uit om jou daar te sien. RSVP asb by Diani of direk by jou bedieningskakelpersoon.
|
SAVE THE DATE!
Ons jaarlikse Silwer Mossie val hierdie jaar op Vrydag 11 November, so dagboek solank hierdie spesiale datum!! Ons wil elkeen van julle uitnooi om met hierdie geleentheid saam te kom kuier en te celebrate als wat 2011 vir ons beteken het. Vir meer inligting kontak vir Braam B.
|
Expressing Hope konsert
Mosaïek se Missional Expressions-span launch hierdie jaar 'n splinter-nuwe fonds-insamelingsprojek tydens die jaarlikse Arts and Crafts Expo in die vorm van 'n sang-konsert, Expressing Hope. Die konsert spog met kunstenaars soos Bobby van Jaarsveld, Elvis Blue, Navi Redd, the Dahlings en Marlee van der Merwe.
Ons hoop dat julle hierdie opwindende aand saam met die IK-span sal kom meemaak. Die kaartjies is reeds beskikbaar by die i-desk, op www.mosaiek.com asook by Computicket.
|
"The Global Leadership Summit is a trusted, high-caliber event that’s designed to transform Christian and Business leaders on behalf of the local church with an annual injection of vision, skill development and inspiration."
Medewerkers maak 'n verskil
Die Willow Creek Association South Africa bied jaarliks die GLS byeenkoms aan, en hierdie jaar is daar 'n paar van ons medewerker-kunstenaars asook staff-lede wat deel van hierdie byeenkoms vorm. Johan Heystek en Hennie Maritz gaan hulle musiek-gawes uitleef, en dan is Anicke Novi Steyn (Voorsanger en Klipkerkkoor) en Andre Siebrits (Tegniese span) nog twee Mosaïekers wat met hulle talente dien by hierdie geleentheid. Anicke vorm deel van die produksie-span en Andre raak kreatief met die beligting! Volg gerus die link (regs) indien jy belangstel om die GLS by te woon.
|
Medewerkers op die verhoog
Die vervaardiger van die treffer Ons vir jou bied die eerste musiekblyspel aan oor die grensoorlog, Tree Aan! Dit was die dae toe ons nog troepies was. Ons eie AleXander Steyn, Willem Botha, Johan Venter, JC Snooke, en Nadia Beukes verskyn in hierdie eg-Afrikaanse produksie. Die speelvak van hierdie musiekblyspel sal van 8 Okt tot 6 Nov by die Staatsteater in Pretoria te sien wees. Sterkte julle en 'Break a leg' vir die run!
|
Ook in die kollig.
Dis 'n voorreg om ons medewerkers dop te hou wat op ander verhoëe en platforms hulle ongelooflike talente uit leef. Marno van der Merwe (Blyspel, itemsanger en akteur) is te sien in hierdie jaar se Pantomime, Cinderella by die Jhb Civic vanaf 26 Okt en Estelle Kriek (Drama en dans-spanlid) tree op in 'n produksie gebaseer op 'n boek deur Marie Heese by die Brooklyn teater op 26 en 28 Okt. Estelle en 'n vriendin het saam hierdie stuk verwerk, getiteld Die Uurwerk Kantel. Debre Rossouw (Blyspel en drama) vertrek een van die dae na Aardklop met vertonings van verskeie Liewe Heksie kinder-teater produksies, geniet! En baie geluk aan Cezanne Oelofse (Itemme en Voorsanger) wat haar eerste single, If I fall geloots het, ons sien uit om meer van haar goue stem te hoor! Francois van der Merwe ('Skuim' van die musiek team) se band Om Te Skryf het 'n nuwe musiek video bekend gestel, volg die link Om Te Skryf Official Music Video om hulle te 'like'!
|
In die community...
Ons verwelkom graag vir Shalom en Wendy, wat albei nuwe medewerkers op ons stage manager-span is! Dis ook great om vir Eben (Video span) terug te hê na die geboorte van hulle pragtige baba seuntjie, Zander Malan. En dan is Nell (Klankspan) se seuntjie, Nehan Kirsten ook onlangs in ons klipkerk gedoop. Baie geluk julle!
|

Ons celebrate en sê dankie...
.
2011 het baie uitdagings ingehou vir Mosaïek, om as gemeente te ondersoek wie ons is, hoe lyk ons visie vir die toekoms en hoe dit ons huidige funksionering mag beïnvloed. Dit het meegebring dat ons nou in 'n tyd van vaartbelyning en herstrukturering inbeweeg. In die lig van hierdie proses het Stef van Deventer (Belewenis Ontwerper; Visual Poets) en Sheryl Jackson (Kommunikasie-span) na vore gekom en besluit om terug te staan uit hulle posisies as staff-lede by Mosaïek. Stef wat vir die laaste 5 jaar binne Mosaïek gedien het en die laaste 2 jaar as mede-belewenis ontwerper, het 'n besonderse rol vertolk waarvoor ons groot dankbaarheid het en wat ons graag saam met hom wil celebrate. Stef gaan steeds by ons Beeldende Kunste betrokke bly en ons met hierdie groot gifting van hom verder bless. Sheryl het vir sowat 20 jaar saam met Mosaïek ge-journey in verskeie spanne, haar ongelooflike bydrae tot Mosaïek sal onthou en gemis word: van musikant, tot woord-skool fasiliteerder, tot klankmenger tot haar huidige rol as grafiese ontwerper. Ons wens vir Stef en Sheryl soveel voorspoed toe in die nuwe seisoen wat hulle nou betree.
|
@MosaiekKunste op twitter!
As jy op twitter is, kom volg die Inspirerende Kunste span by @MosaiekKunste om te sien waarmee ons ons besig hou!
|
Hou ons in die 'Loop'
Hou ons op hoogte met verwikkelinge wat in jou lewe of bedieningspan gebeur (goeie nuus, slegte nuus, nuwe werk, verloof, swanger, gebedsversoek). Stuur enige sulke nuusbrokkies of info aan jou bedieningsleier om aan te stuur, of sommer direk aan my.
Ons hoor graag van jou.
Diani, en die res van die Inspirerende Kunste-span.
|
|
|