Die Inspirerende Kunste-span wil graag van hierdie medium gebruik maak om jou meer te vertel oor wat orals binne die kunste aangaan; wat ons medewerker-kunstenaars mee besig is; en sommer net allerhande lekker nuus wat op ons van toepassing is. Ons hoop julle geniet dit.
Groete
Diani
|
ArtSync is die Inspirerende Kunste van Mosaïek se maandelikse 30minute byeenkoms op die eerste Dinsdagaand van elke maand - vir alle kunstenaars in die gemeente.
ArtSync - 1 November en 6 Desember 2011
Op Dinsdae 1 November en 6 Desember, vind ons twee laaste ArtSync geleenthede vir 2011 plaas in Viaticus 102, om 18h30 vir 19:00.
Al ons kunstenaar-medewerkers is genooi! Daarna sal ons in groepe verdeel vir interaktiewe sessies met die onderskeie bedieningsleiers, of die geskeduleerde weeklikse oefeninge vir dienste ens. In Desember sal ons na ons onderskeie jaareindfunksies beweeg hierna. Ons sien uit om jou daar te sien! RSVP asb by Diani of direk by jou bedieningskakelpersoon.
|
Expressing Hope konsert
Dis hier! Ons hoop jy het reeds jou kaartjies vir die splinter-nuwe fonds-insamelings-konsert op 3 November, Expressing Hope, ten bate van Missional Expressions . Die konsert spog met kunstenaars soos Bobby van Jaarsveld, Elvis Blue, Navi Redd, the Dahlings en Marlee van der Merwe.
Die kaartjies is beskikbaar by die i-desk, op www.mosaiek.com asook by Computicket.
|
DIS SILWER MOSSIE!!
Ons jaarlikse Silwer Mossie geleentheid stap ook al hoe nader, en ons nooi jou om jou gratis kaartjies hiervoor af te haal! Op Vrydag 11 November gaan ons terugkyk en 2011 celebrate asook visioneer vir 2012! Daar is 'n kort vertoning deur gaskunstenaar Brandon October wat die aand saam met ons meemaak. Ons wil elkeen van julle uitnooi om met hierdie geleentheid saam te kom kuier! Vir meer inligting kontak vir Braam B.
|
Sterkte aan al ons Matrieks!
Daar is 'n paar van ons medewerkers wat hierdie jaar die laaste jaar van skool afmerk en ons wens hulle alle sterkte toe met hulle Matriek uitslae en planne vir die toekoms! Naret Loots, Marli Steyl, Jean Botha, Angelique Kleynhans (almal dans/drama) en Francois van der Merwe (musiek), sterkte tjommas!
|
Ook in die kollig.
Sterkte aan al ons troepies in Tree Aan wat vir hulle laaste paar optredes aantree! En dan ook vir Estelle en Tessa in The Rocky Horror Picture Show by die Barnyard, Cresta. Tessa Denton (drama/dans/musiek) is nou al 'n geruime tyd te sien op Generations, en haar kontrak is onlangs met nog 3 maande verleng, baie geluk girl!
|
Johan en Jasmyn by die Vonktoekennings
Jasmyn was een van die kunstenaars wat gekies is om by die Vonktoekennings 2011 op te tree, dit is die aand waar Afrikaanse Kunstenaars vereer word vir 20 duisend en meer cd verkope. Jasmyn was 'n absolute ster op die verhoog met die lied Bly!. Ons eie Johan Heystek het produksie van hierdie lied behartig, wat deur Steve Hofmeyer geskryf is maar deur Karen Hougaardt bekend gemaak is. Saam met tromspelers en trompoppies van Waterkloof Hoerskool , het die audience van haar gepraat as die "verrassing" van die aand. Die aand was wonderlike blootstelling vir ons eie Jasmyn! So trots op haar.
|
Desember Sneak Peak...
Is jy hier Desember maand?
Hieronder is 'n vinnige blik op die dienstye en beplaning vir ons Des dienste. Dit sal gaaf wees as julle elkeen jul beskibare datums vir ons op Planning Centre kan aandui of aan jou direkte bedieningsleier kan deurgee. Ons probeer om soveel moontlik vooruit te beplan vir dié spesiale tyd en julle bydraes en betrokkenheid maak 'n groot deel hiervan uit.
04 Des: 8h30; 10h15 & 19h00
11 Des: 8h30; 10h15 & 19h00
18 Des: 8h30; 10h15 & 19h00 (Kerssangdiens PM, Calltyd vir PM sal vroeër skuif)
24 Des: 18h00 & 25 Des: 9h00 (Kersdiens –dieselfde journey & teams, Calltye op 25/12 sal later skuif)
31 Des: 18h00 & 1 Jan: 9h00 (Oujaarsdiens –dieselfde journey & teams, Calltye op 25/12 sal later skuif)
|

Hennie se nuwe seisoen...
Dit is vir ons 'bitter sweet' om binnekort te moet afskeid neem van Hennie Maritz. Hennie het onlangs die groot besluit geneem om na 'n nuwe gemeente te skuif. Groot is ons hartseer toe Hennie sy hart en journey met ons kom deel oor die oortuiging in sy hart dat hy geroep voel vir die nuwe taak en dat hy einde November sy journey saam met Mosaïek sal afsluit. Hennie het die afgelope vyf jaar Mosaïek op 'n baie besondere manier met sy hele hart gedien. Die leemte wat hy gaan laat is groot! Ons wil hom egter stuur en seën om dit te doen wat hy in sy hart glo nou reg is vir hom! Dinsdag 6 Desember sal ons by die Art'Sync byeenkoms, saam met hom en Vanessa sy tyd by Mosaïek celebrate. Die musiekspan sal daarna saam met hulle kuier! Dit was 'n absolute voorreg vir ons almal om saam met Hennie te bedien en hy sal voorwaar baie gemis word! Hennie, ons is lief vir jou. Dankie dat jy ons gedien het op 'n manier wat ons lewens op 'n baie besondere manier geraak het...
Saam sien ons uit vir hom na die nuwe seisoen wat vir hom en sy vrou Vanessa voorlê. Die Here gaan saam met jou en Vanessa!
|
Gebedsversoeke
Ons wil graag vir 'n paar van ons medewerkers opdra en vir hulle bid in tye van nood. Rianette en Kenny (drama en nuus), ons dink aan julle tydens die swangerskap en bid vir versterking in hierdie tyd. Ons dink ook aan Morne Vermaak (musiek) en sy gesin met die afsterwe van sy Pappa. Mag ons Abba Vader julle vashou en troos.
|
In die community...
Ons verwelkom graag 'n paar nuwe medewerkers in ons musiekspan: Corne Alant,Johann Muller,Corne Olckers, Colette Joubert, Gerbrie Kritzinger Siegel en Andre Byleveld! Dis ook heerlik om vir Marlee van der Merwe meer gereeld by ons te hê, waar sy ons PM voorsangers gaan help afrig en lei. Dan is dit ook wonderlik om te vertel van Thys Spies en Rudolph Raath (Cello en kitaar) wat hulle gawes en passies op plekke nog verder as ons verhoog gaan deel. Die twee bedien op Sondae tussen dienste by twee Ouetehuise: Golden Harvest en St Michaels, waar hulle musiek maak en minister op 'n UITwaartse manier. Dan is ons ook saam opgewonde vir Dawie en Anneke de Villiers (dans/musiek) wat hulle eersteling verwag, baie geluk julle twee!
|
Die nuutste lede van die Tegniese Team!
Hier is die mooiste gesiggies van Nehan Kirsten en Zander Malan, van trotse pappies Nell en Eben!
|
@MosaiekKunste op twitter!
As jy op twitter is, kom volg die Inspirerende Kunste span by @MosaiekKunste om te sien waarmee ons ons besig hou!
|
Hou ons in die 'Loop'
Hou ons op hoogte met verwikkelinge wat in jou lewe of bedieningspan gebeur (goeie nuus, slegte nuus, nuwe werk, verloof, swanger, gebedsversoek). Stuur enige sulke nuusbrokkies of info aan jou bedieningsleier om aan te stuur, of sommer direk aan my.
Ons hoor graag van jou.
Diani, en die res van die Inspirerende Kunste-span.
|
|
|