Die Oktober Art'Sync geleentheid het op Dinsdag 11 Oktober plaas gevind in Viaticus 102 waar Jeanetta Basson (Missional Expressions Leader) haar hart kom deel het rondom die impak en noodsaak van die Kunste binne missionaliteit. Sy het met al ons verskeie kunste spanne binne die Inspirerende Kunste kom stories en beelde deel wat haar eie journey gevorm het en haar hart geskuif het tot die roeping op haar lewe.
Art’Sync is ‘n half-uur byeenkoms op die eerste Dinsdag van elke maand waar ons saam in ons journey as kunstenaars op reis is met God, mekaar en die wêreld. Die Inspirerende Kunste by Mosaïek het hierdie nuwe konneksie-geleentheid begin vir al ons verskeie kunste-spanne, kunstenaars en kuns-liefhebbers binne Mosaïek om op ‘n meer gereelde basis saam te kuier, connect, celebrate, groei, devotion, visioneer en kreatief te verkeer.
Die November Art’Sync-geleentheid vind plaas in Viaticus 102 op 1 November 2011 om 18h30 vir 19h00. En die Desember Art’Sync sal op Dinsdag 6 Desember 2011 wees, waar ons saam die jaar sal celebrate, en daarna sal elke span na hulle onderskeie jaareindfunksies verdeel. Al ons kunstenaars word uitgenooi! RSVP asb by dianig@mosaiek.comof 011 268 4748