Mosaïek Conversations #1 (voorheen Mosaïek Congress)


14/09/2010 09:00
15/09/2010 13:00
Na die sukses van die eerste Mosaïek Congress wat in September 2009 plaasgevind het, met sprekers soos Ron Martoia, Trevor Hudson, Johan Geyser, Gys du Plessis, Stephan Joubert en Willem Nicol; en wegbreeksessies met Rex van Vuuren, Gavin Sklar-Chik en Annemarie Paulin-Campbell, was ons baie opgewonde om reeds aan die volgende gespreksgeleentheid te begin beplan.

In die hoop om dit steeds op 'n intieme wyse aan te bied, maar ook vir ander mede-pelgrims wat in leiersposisies by ander gemeentes staan om deel daarvan te wees, is daar besluit om die Conversations twee keer in dieselfde week aan te bied: 'n algehele duplisering.

Sprekers wat reeds opgelyn is om deel van die twee dae te wees, sluit in Trevor Hudson, Johan Geyser, Stephan Joubert, Theo Geyser - met spesiale internasionale gaste David en Juliet Benner.

Kom reis saam ...

Navrae kan gerig word aan Sonja Kloppers.

Preekreekse

Wat lê voor

Nuus