Vir ons eerste byeenkoms op die Mosaïek-perseel (13 Maart 2004), het Koos van der Merwe (wat as Spiritualiteitsleraar by die gemeente gedien het), die volgende gebed geskryf,
Heer, aan U behoort alle dinge,
ook onsself en alles wat ons besit
Uit u hand het ons ontvang en gegee.
En nou gee ons weer aan U
dit wat waarlik nooit aan ons behoort het nie
maar aan U.
Mag hierdie plek altyd geken word
as u besitting
Ons wy dit aan U
dat U hier mag spreek,
dat U hier mag werk.
Mag ons U hier ontmoet.
Mag ons U hier leer ken.
Mag ons hierheen kom om U te hoor,
te ervaar
En wannneer ons vanaf hierdie plek vertrek
mag ander
die Een wat ons aanbid
ook in ons lewens sien.