Visual Poets

 

Die "Visual Poets is 'n groep dinamiese kunstenaars vanuit die gemeente wat die geleentheid skep vir "Visual" / Beeldende kunstenaars om hulle passies en gawes aan te wend binne 'n kreatiewe omgewing.


Daar is verskeie kuns vorme wat ondersteun word:

- Mosaiek werke
- Skilder werke
- Installasie werke
- Beeldhou
- Skets werk
- Pewter
- Fotografie (Fotografie vind een maal 'n maand plaas met n fotoshare geleentheid sien ook onder)
- Sement

en vele meer...

Daar is ook spesifieke kursuse wat aangebied word soos Ikonografie, en formele klasse wat vanaf 4 Mei sal deelvorm van Formatio op Woensdae aande.

Hierdie groep neem ook saam verantwoordelikheid vir groter projekte soos kuns elemente tydens dienste, Kruistasies, dekor benodighede en ander opdrag werk. Die "Visual Poets" is ook aktief besig om misioneel met "hand en kwas" uit te reik na ons gemeenskap deur kuns inisiatiewe soos die gebruik van die galery in die Mosaiek Teatro en ander inisiatiewe onder ons jeug. (Sien gerus die link na die gallery of skakel die kurator Stef van Deventer op 0723478787)

Die gegons en opgewondenheid van 'n klomp kunstenaars (van elke dissipline), gemeng met die onmiskenbare reuk van terpentyn en elke derglike ding, lei mens elke Donderdag na Genesis 5 waar ons as groep mekaar toerus en aanmoedig, ons lewens met mekaar deel en ware community beleef!

Visual Poet byeenkomste vind plaas op Donderdae aande vanaf 7pm

- Daar is ook spesiale geleenthede wat elke Saterdag van die maand beplan word.

By die Visual Poets word elke genre van kuns, skilder, houtskoolsketse, etswerk, beeldhou, ensovoorts word deur hierdie groep beoefen.

Die span droom 'n ontwikkeling van die kunste. Daar staan immers in die Bybel geskryf: "... en almal wat kunsvaardig is onder julle, moet kom en alles maak wat die Here beveel het." (Eks. 35:10) en "en ek het hom vervul met die Gees van God, met wysheid en verstand en kennis, en bekwaamheid vir allerhande werk, om kunstige planne uit te dink..." (Eks. 31:2-3). Ons by Mosaïek is oortuig dat die kerk en kuns bedoel was om in verhouding met mekaar te staan.

 

Vir meer inligting oor hierdie groep en om deel te word skakel gerus

Stefv@mosaiek.com

0723478787

Preekreekse

Wat lê voor

Nuus