Kunsterapie - Art therapy

Dr Erika Parker is 'n kliniese sielkundige en kunstenaar wat reeds vier jaar lank deel is van die verwysingslys by Wholeness @ Mosaiek se terapeutiese span. Haar kunsterapie proses pas goed in by Mosaiek se kontemplatiewe benadering tot spiritualiteit. Sy is ook deel van die professionele supervisie groep van sielkundiges by Wholeness @ Mosaiek.

Erika skryf :

Expressions outside the white line - A Journey connecting God's heart with yours - My hart hiermee is om mense te help om deur middel van die medium van kuns, die Woord en gebed hul verhouding met God te verdiep. Dit is nie 'n plek waar iemand kunsklasse kom loop nie en die benadering gaan nie oor enige voorskriftelikheid rondom hoe 'n "kunsstuk" moet lyk nie en mense hoef nie kunstig te wees nie, omdat dit nie daaroor gaan nie. In pleks daarvan word daar eerder 'n geleentheid geskep vir 'n persoon om in 'n geesvervulde omgewing introspektief te word in terme van sekere gedeeltes van die Woord wat voorgele word. Die persoon neem dan 'n gedeelte van die tyd om meditatief met die Woord om te gaan en 'n paar vrae word gevra om hom of haar te lei, eie notas en indrukke word dan in elkeen se joernaal geskryf en van daar af word die persoon gelei om sekere kunsmediums te kies waarmee hulle dan op 'n kreatiewe vlak persoonlike uitdrukking gee aan hoe hulle prentjie of indruk tussen hulle en God sal lyk. Die kreatiewe uitdrukking gaan dus oor waar hulle voel hulle in hul eie lewe met God staan en vrae word biddend gevra oor waarheen God hulle wil skuif en hoe dit meetbaar kan wees, wat dan ook apart in die groep geinterpreteer word deur elke persoon op sy eie. Die groepe vind nie plaas in die tradisionele groepsterapeutiese proses waar daar 'n oopheid en 'n deling is van informasie nie. Inteendeel, groepslede het nodig om mekaar se privaatheid en persoonlike ruimte te respekteer, enige iets wat gedeel word, word uit vrye keuse gedeel en bly binne in die groep. Dus, die hart hiervan gaan oor 'n volwassewording rondom die hoor en persoonlike interpretasie van die Woord en 'n introspektiewelike proses wat die persoon help om deur 'n kreatiewe proses homself in verhouding tot God en Bibliese verwagting te plaas. Kontakpersoon – Dr Erika Parker - 011 678 5978 / 082 334 1511