



Hierdie werksessie word aangebeid deur Tony en Cathy Beaumont en kombineer lewenservaring met 'n passie om die oorwinning oor pyn met ander wat self worstel, te deel.
Hierdie werksessie oor vergifnis word ook elders aangebied onder die titel: Uprising: Standing up by letting go.
Tony en Cathy skryf: "Uprising het ontstaan uit ons eie ervaring van hoe onopgeloste pyn uit die verlede ons siening van wie ons is en ons verhoudings met ouers, kinders, eggenote en God beinvloed. Die motodes wat ons gebruik het om trauma in die verlede te verwerk, bly dikwels die metodes wat ons gebruik wanneer ons weer met spanningsvolle situasies gekonfronteer word. Sonder dat ons daarvan bewus is, het daardie onopgeloste pyn dus daagliks 'n invloed op ons lewens.Ons leuse is: "Standing up by letting go". Dit is nodig dat 'n mens bewus word van die invloed wat onopgeloste pyn op sy/haar lewe het. Dit is nie net moontlik om los te kom daarvan nie, maar om te triomfeer. Jou ervaring van pyn sal altyd deel wees van jou lewe, maar deur hierdie kursus hoop ons om mense te begelei om vry te word van die emosies van daardie pyn. Ons ervaring het ons geleer dat die oorwinning oor pyn ons bring na 'n nuwe verhouding met God. Jesus se: 'Daardie dag sal julle weet dat Ek in My Vader is en julle in My en Ek in julle'. Die doel van 'n Christelike lewe is nie om Jesus na te boots nie, maar om Jesus in jou - God in jou, te ervaar".
Cathy se kwalifikasie in Logoterapie ('n terapeutiese benadering wat die betekenis van pyn en ervarings gebruik) bring ook die dimensie van die betekenis van hulle pyn na die werksessie.
Tony en Cathy is 17 jaar getroud en hulle het twee kinders, Dupre (13) en Mia (11). Hulle woon in Noord-Heuwel, Krugersdorp.
Kontakpersoon : Kinny by 011 215-7207 of kinnys@mosaiek.com