Wat sê mense van Stasionêr?

Op 13 Augustus 2009 was die opening van hierdie jaar se musical met die naam Stasionêr.

Die musical vertoon tot 22 Augustus, en kaartjies is beskikbaar by Computicket, beleef@mosaiek.com of 083 667 2435 / 011 268 4700.

Hier is 'n paar kommentare gelewer oor die openingsvertoning, vriendelik ingesamel deur Margaret Botha:



Jacques en Renate Combault:

“Loved it. Die lekker van die musical is dat nie voorspelbaar is nie, elke oomblik is nuut. Die spelers is baie eg. Oja, en die skoene van die vroulike karakters is net ongelooflik, die kostuums is van kop tot tone goed en ek kan dink dat hulle ‘n beperkte begroting gehad het maar die kostuums steek nie af nie. Die set is ongelooflik, sonder enige dekor veranderings word die kyker vasgenael, jy ‘mis’ nie ‘n dekor verandering nie. En die ligte is ongelooflik.”



Bianca Le Grange:

“Die musical is wonderlik. Ek hou van die musiek en die dekor, dit inspireer my, Ek is tans besig om ‘n musical te skryf en glo my ek het ‘n hele paar tips vanaand gevang.”



Rita Nawn:

“Die musical is baie kleurvol en goed saam gevat. Die musiek is gepas en ek geniet die vertoning baie. Ook daar is ‘n hele paar diep lesse te leer.”



Morne Du Toit:

“Dis baie cool – ek hou daarvan dat ‘n periode, die 1930s, uitgebeeld word. Die sang is wonderlik en om te dink dat almal in die cast dit om ‘n vrywillige basis doen – dit gee net ‘n ander dinamieka aan die show aangesien daar profesionele en amateurs saam gemeng word, niemand steek af teen ‘n ander nie. Dis magical.”



Cherie van der Merwe – aktrise:

“Ag dis lekker om te sien dat daar ‘n boodskap is vir almal, jonk en oud. En die boodskap word op ‘n baie mooi manier oorgedra. Die karakters het elkeen sy eie storie en ‘n unieke boodskap. Ek kan met hulle identifiseer. Dis heerlik om die show te kon kyk.”



Marlee van der Merwe – sanger / aktrise:

“Dis awesome, die storie is pragtig en die chereografie is great en die hoogtepunt van die show.”

Lee-Anne Kretzmann:

“Dis ‘n stunning show en Adri Britz is ‘n ster.”



Francois van den Berg:

“Dis uitstekend. Die tema – Stationer – word goed saam gevat, aan die begin wonder jy waarheen die momente in die show gaan en dan kom dit aan die einde wonderlik bymekaar. Ons almal het ‘n droom en ons moet dit leef. Die live music is wonderlik en baie eg. Dit maak my opgewonde oor waarheen die kerk oppad is.”



Roche Oosthuizen:

“Die musical is baie insiggewend. Tradisionele en “ou” probleme word op ‘n vars en nuwe manier aangespreek en elkeen kan identifiseer met een of meer van die karakters.”



Paul Kruger:

“Die choreografie is uitstekend en Johan Heystek is die beste in die wêreld – die beligting was ook baie goed.”



Linda Korsten:

“Wat ‘n ongelooflike mooi show! Daar’s ‘n lekker vibe op die verhoog en ek kan sien daar is baie sorg in alles – van dekor tot beligting – ingesit. En Doreen is baie goed.”



Sophia Steyn:

“Dit was great. Die musiek, kostuums en acting is baie goed. Die storielyn is briljant en dit laat jou bly dink en op jouself van toepassing maak. Dit sal elke persoon raak en elkeen kan iets met hom of haar saamvat.”



Catherine Jones:

“Adri Britz is briljant. Daar is so min musical aktrises wat die karakter – Doreen – se stem met hulle eie kan ‘meng’. Sy is tegnies briljant. Mari-Louise is ongelooflik en het ‘n baie goeie stem. Dit is weereens ‘n briljante Ettienne Booysen-produksie. Well done. Ek dink Ettienne stel ‘n nuwe standaard in teater. Briljant, briljant, briljant…”

Preekreekse

Wat lê voor

Nuus