Fietsry @ Mosaiek

Die speke sing op die oop pad terwyl jou bene,hande en kop in sinergie saamwerk. Fietsry@Mosaiek bring liefhebbers van fietsry bymekaar - om ons passie te deel, saam te ry en ontwikkel.

Fietsry@Mosaiek is ‘n saamry-groep - gemik op die sosiale fietsryer wat graag in ‘n groter groep ry. Geen klubfooie is betaalbaar nie en geen verpligte klere word gedra nie, aangesien ons nie as ‘n klub funksioneer nie.

Die naweekritte begin by Something Country, Muldersdrift - waar ons saam 30-40km aanpak. Tye word aangepas na gelang van die seisoen.Vir baie is die groot aantrekkings natuurlik die cappuccinos en kuier as belonging na die rit!

Sondae is ons vuil dag en dis wanneer die bergfietsryers uit hul gate kruip. Ons het nie ‘n vasgestelde tyd of roete nie, en bespreek dit gewoonlik deur die loop van die week per epos.

Riglyne vir ons ritte:

Fietsry helmets moet te alle tye gedra word.

Laai die selfoonnommer van die rit-kaptein op jou selfoon vir veiligheid.

Stel die rit-kaptein in kennis van enige meganiese of mediese probleme sodat die groep gestop kan word en kan hulp verleen.

Kontak ons gerus by fietsry@mosaiek.com indien jy belangstel om meer uit te vind en deel te raak!

 

Preekreekse

Wat lê voor

Nuus