Kontemplatiewe Community


KONTEMPLATIEWE COMMUNITYVertaling deur Jacques Bornman

Community balanseer altyd tussen twee pole: afsondering en saamwees. Sonder saamwees word community uit mekaar gemaak; en sonder afsondering verval community tot ‘n massa, ‘n menigte. Afsondering en saamwees is nie wedersyds vyandig nie; inteendeel, dit maak die ander moontlik.

Afsondering sonder saamwees verval in eensaamheid.  Ons het sterk word in saamwees nodig om af te kan sonder sonder om eensaam te wees wanneer ons alleen is. Allleenwees is neutraal; eensaamheid is alleenheid wat van saamwees afgesny is; afsondering is alleenwees wat deur saamwees ondersteun word – ‘n geseënde afsondering.

Saamwees sonder afsonder is nie ware saamwees nie, maar eerder kant-tot-kantwees. Om bloot van kant tot kant te leef bring vervreemding. Ons het tyd en spasie nodig om alleen te wees, om onsself in afsondering te kry, voor ons onsself werklik vir mekaar kan gee in ware saamwees.

‘n Spesifieke balans tussen afsondering en saamwees het ‘n spesifieke community tot gevolg. By ‘balans’ bedoel ons meer as die ratio tussen tyd alleen spandeer en die tyd saam nie; ons bedoel ‘n innerlike verwantskap tussen afsondering en saamwees wat elkeen maak wat dit is.

Aan die een kant van die spektrum lê ‘n tipe community  waar saamwees die doel is wat bo alles nagestreef word: soos byvoorbeeld in ‘n spesifieke hegte gesin. Ons mag hierdie tipe beskryf as ‘n saamwees-community.  Aan die ander kant van die spektrum lê ‘n community  wat op afsondering toegespits is, byvoorbeeld n community van hermiete. Kom ons noem hierdie tipe ‘n afsondering-community. In beide gevalle is afsondering en saamwees noodsaaklik vir ware community, die verskil lê op die klemverskuiwing.

Die spektrum is deurlopend, maar die onderskeid is duidelik; in saamwees-community, is saamwees die maatstaf van afsondering – deelnemers het ‘n reg en verantwoordelikheid om soveel afsondering te kry soos wat hulle nodig het vir diep en sterk saamwees. In afsondering-community is  afsondering is die maatstaf van saamwees; hier het deelnemers ‘n reg en verantwoordelikheid om soveel saamwees te kry as nodig om hulle afsondering te ondersteun en te verryk.

‘n Mens kan nie oorleef sonder community nie. Niemand kan waarlik gelukkig wees sonder om ‘n spesifieke community te vind wat in die behoefte na afsondering en saamwees voorsien nie. Die proses om persoonlike behoeftes te versoen met ‘n spesifieke tipe community binne die spektrum van moontlikhede, is kardinaal deel daarvan om jou ‘roeping’ te vind – dit waarna jy geroepe voel op ‘n gegewe tyd.

 Wat bedoel ons by met ‘n ‘kontemplatiewe lewe’?

Met ‘n kontemplatiewe lewe bedoel ons nie ‘n lewe in ‘n klooster nie. Die kontemplatiewe lewe beteken ‘n roeping na ‘n spesifieke lewensvorm waar elke detail van ons daaglikse lewe georienteerd is na herroeping. Daarmee bedoel ons ‘n bewustheid, ‘n ewige bewustheid – die innerlike gesindheid waarin ons betekenis vind. In hierdie sin is die kontemplatiewe lewe ‘n lewensvorm ontwerp om ‘n optimale omgewing te bied vir die radikale soek na betekenis.

Betekenis en doel is nie presies dieselfde nie. Dit is byvoorbeeld moontlik om ‘n doel te bereik sonder enige betekenis. Twee verskillende innerlike handelinge het te doen met doel en betekenis. Wanneer ons die doel van ‘n aksie of voorwerp verstaan, dan is ons in beheer. Wanneer ons die betekenis van ‘n situasie of enige iets wil verstaan, moet ons daardeur geraak word; ons reageer, maar dit draai nie meer om die beheer nie. 

Deur die doel te verstaan, verkry ons kennis; om toe te laat dat betekenis ons intrek verkry ons wysheid – die mikpunt van die kontemplatiewe lewe. Die twee is onderling komplimenterend; ons moet dit onderskei sonder om te skei. Die openheid vir betekenis is geheg aan die strewe na doel teen ‘n gemoedelike pas (leisure).

‘n Gemoelike pas(leisure)  is nie die teenoorgestelde van werk nie; ons moet kan werk teen ‘n gemoedelike pas (leisure). Die teenoorgestelde van werk is om te ontspan/speel. Werk is iets wat ons doen om ‘n doel te bereik wat buite die aktwiteit self lê; wanneer die doel bereik is, hou ons op om die aktiwiteit te doen. (Ons politoer skoene om hulle blink te poets, nie om bloot te politoer nie. Sodra die skoene blink is, hou ons op om te politoer). Om te speel beteken om iets te doen omdat ons daar betekenis kry – ‘n aktwiteit waarin die doel opsigself daarin opgesluit is. (Ons sing om te sing, ter wille van sing, nie om te gesing het nie).

‘n Gemoedelike pas (leisure) bring ‘n element van speel na elke aktiwiteit, waar die aktiwiteit gedoen word  ter wille van die aktwiteit self; nie net om dit klaar te kry nie. ‘n Gemoedelike pas (leisure) skep die klimaat waarin ons oop kan wees vir betekenis. Die kontemplatiewe lewe gee vorm aan ‘n lewe deur die radikale soeke na betekenis. Dit sal noodwendig ‘n lewe in ‘n gemoedelike pas (leisure) wees, van ‘n meer asketiese aard met tye.
 

Ons kan insig tot die asketiese elemente van die kontemplatiewe lewe kry deur na piek ervarings te kyk wat meer dikwels begin voorkom as ons kontemplatief begin leef. ‘n Piek ervaring is ‘n diep  persoonlike belewenis van ‘n betekenisvolle insig, dikwels in ‘n oogwink, altyd in ‘n oomblik teen ‘n gemoedelike pas (leisure).     Die ervaring gebeur totaal onrefleksief, maar vind later refleksie in ‘n reeks paradokse in ons lewe.

In ‘n piek ervaring verloor ek ironies genoeg myself, en tog is ek meer teenwoordig in hierdie ervaring as in enige ander tyd. Om te beskryf wat gebeur het, gebruik ons uitdrukkings soos: “Ek was buite myself”; “Ek was weggevoer” ; “Ek het myself verloor” en tog “Ek was meer lewend, meer myself as ooit van tevore”.


‘n Verdere paradoks in die piek ervaring waarvan ons bewus word is dat ons in ‘n besondere sin alleen (nie eensaam) is, en terseldetyd ten diepste een met almal teenwoordig en selfs afwesig is. Dikwels geskied n piek ervaring tydens ‘n oomblik van afsondering, byvoorbeeld in die natuur, maar kan selfs te midde van ‘n groot gehoor, byvoorbeeld in n konsert-saal, plaasvind. ‘n Gedeelte van die musiek kan my diep raak en my uitsonder – asof dit vir my geskryf is en net vir my opgevoer word. Aan die ander kant, selfs op ‘n bergtop of verlate strand, kan my heart in die piek ervaring vergroot om die aarde en lug en alle lewende skepsels te omhels. Die paradoks is dat ek eenvoudig  die intiemste een is met alles wanneer ek die intiemste alleen is.

In die piek ervaring is daar ‘n derde paradoks: in die skielike oomblik van insig maak alles sin;  lewe en dood en die heelal. Dit is nie dat iemand vir ons die oplossing van ‘n komplekse geheel gegee het nie; dit is eerder dat ons versoen is met die geheel. Ons hou op om te bevraagteken en ‘n universele antwoord kon na vore; of ons word daarvan bewus dat die antwoord altyd in die stilte was; dit is ons vrae wat dit verdring het. Wanneer ek ophou vra, is die antwoord daar.


Die drie paradokse in die piek ervaring  waamee ons gekonfronteer word bied ‘n sleutel tot die verstaan van die kontemplatiewe lewe: die paradokse is soos saad waaruit die universele asketiese praktyke van die kontemplatiewe tradisie groei. Uit die paradoksale insig dat ek waarlik eers myself is wanneer ek myself verloor, groei die asketiese praktyk van losmaking. Armoede of losmaking se strewe is meer as om net weg te gee wat ek het; ek moet uiteindelik weggee wie ek is, om sodoende waarlik te kan wees.

Om een te wees met alles wanneer jy alleen is, bied ‘n sleutel tot die verstaan van selibaat-wees. ‘n Selibate persoon onderhou die paradoks van wat andere vir slegs ‘n kort oomblik ervaar. Hy of sy is alleen om sodoende werklik een met al te kan wees. Ons sal ook kan sê: h/sy is so diep verenig met alles dat afsondering ironies genoeg die enigste geskikte uitdrukking vir hierdie eenheid is.
 
In die piek ervaring is asketiese onderwerping ook gegrond – alles maak sin die oomblik wanneer ek ophou om te bevraagteken; in die oomblik wanneer ek luister. Om te leer luister is die hart van onderwerping; om iemand anders se opdragte te volg is bloot die middel tot die doel. Op die ou-end het ons slegs die keuse tussen absurditeit en onderwerping. “Ab-surdus” beteken “absoluut doof” en onderwerping (ob-audiens) spreek van iemand wat leer om deeglik te luister – om te luister met ‘n hart ingestem op die diepste betekenis.

Die piek ervaring is ‘n oomblik waarin betekenis ons tref, en ons inneem. Kontemplatiewe asketisme ondersteun die heelhartige soeke na betekenis. Dit maak sin dat die gestruktureerde paradoks van die piek ervaring ons ‘n leidraad gee tot die verstaan van die paradoksale skruktuur van asketiese praktyke. Die kontemplatiewe lewe is basies die poging om jouself bloot te stel aan die betekenis van enige gegewe oomblik (deur losmaking, selibaat wees, onderwerping)   in ‘n ewige bewustheid.

Afsondering community

Kontemplatiewe community in die strengste sin sal ‘n community wees wat mekaar ondersteun in die radikale soeke na betekenis - wat uitdrukking vind in die asketiese tradisie. Afsondering is egter ‘n integrale deel van en in al die vorme van hierdie tradisie.   In kontemplatiewe community leef die deelnemers in community om mekaar te beskerm van afsondering wat in eensaamheid verval en van misleidende saamwees wat inbreuk maak op alleenwees. As daar een eensame persoon in die community is, moet die ander hulleself afvra: “Het ons haar alleenwees ondersteun deur die saamwees wat sy nodig het?” En die lede moet hulleself afvra: “Het ek die ander se afsondering gerespekteer? Het ek dit beskerm teen my eie nukke vir saamwees?” Ons is die beskermers van mekaar se afsondering, in beide rigtings.

Afsondering is egter nie die doel opsig self nie. Die doel is ‘n community wat die soeke na betekenis ondersteun – ‘n community teen ‘n gemoedelike pas(leisure) want slegs deur teen ‘n gemoedelike pas te leef vind ons betekenis. Die ware rede waarom mense deel raak in die vorming van ‘n community is vir die wedersydse hulp van mekaar in die skep van ‘n omgewing waar ‘n gemoedelike pas (leisure) moontlik is. Die gemoedelike pas waarvan ons praat is nie die voorreg van die wat tyd het nie, maar die deugde van die wat tyd daarvoor neem. Kontemplatiewe community is afsondering-community ter wille van ‘n gemoedelike pas. Om so te leef beteken om dinge een vir een te neem, om dit vir dankbare oorweging uit te sonder. Dit is die kern van viering. Alle ander aspekte van viering is opsioneel, maar wanneer iets van alles moontlik weggestroop word, bly hierdie twee elemente. Wanneer jy iets of iemand uitsonder vir dankbare oorweging, dan het ons ‘n klein viering. Viering kan en hoef nie geregverdig word vir enige doel nie; dit is uiteindelik betekenisvol. Om teen ‘n gemoedelik pas  te leef beteken om elke oomblik van die lewe te vier. Kontemplatiewe community is afsondering-community teen ‘n gemoedelike pas wat dit moontlik maak om die lewe te vier.

Is community soos jy vandag dit ervaar hierdie soort community? Indien nie, waarom nie? En as ons dink dat dit so behoort te wees, hoe kan ons dit so maak?

(Oorspronklike artikel op www.gratefulness.org ‘Contemplative Community’ deur David Steindl-Rast. Toestemming vir vertaling verkry.)

Preekreekse

Wat lê voor

Nuus