'n Kleingroep leef na buite


Ons kleingroep het sowat 2 of 3 maande gelede besluit om ten minste 1 Saterdag per maand ‘n uit te reik na mense met behoefte. Die ouens wat veral Saterdae oggende by die straat-hoeke staan op soek na werk het veral vir ons as groep uitgestaan as ‘n area waar ons dadelik en sonder baie moeite ‘n bydrae kan maak. Ons het die 1ste keer in 2 kleiner groepe opverdeel om 2 plekke te bereik, maar het so 2 weke gelede almal na 1 plek gegaan om meer hulpbronne tot ons beskikking te he. Soos ek vroeer genoem het, ons probeer uitreik na die ouens wat Saterdae oggende by sekere hoeke staan waar mense gewoonlik omkom om arbeiders te huur/koop vir ‘n dag. Ons het ook besluit om so 9uur die oggende daar te wees, want die ouens wat dan agterbly is tien teen een ouens wat nie vroeer die oggend werk kon kry nie. Ons besoek ‘n plek in Triomf waar daar verbasend baie mans sit en soek/wag vir werk. Ons gee vir elkeen ‘n halwe brood en ‘n klikkie kos (baked beans). Dood eenvoudig, maar mens kan die dankbaarheid op daai mans se gesigte sien. Daar het laas een ou omgedraai en teruggekom om weer vir ons dankie te kom se en te vra of ons nie dalk vir hom werk het nie. Dis maar ietsie klein wat ons gedoen het sonder veel moeite, maar die dankbaarheid wat ons gesien het, het ons beslis aangespoor om nie daarmee te stop nie. So ons beplan om dit vorentoe 1keer per maand te doen op ‘n Saterdag oggend.  Dit was vir ons almal ‘n baie goeie les van hoe groot die nood sommer rondom ons is, en dat mens op ‘n eenvoudige wyse, sonder baie moeite, vir iemand ‘n klein verskil kan maak, al is dit net iets om te eet vir 1 dag, veral na aanleiding van Sondag se boodskap ook van Johan. En ook dat ons soveel meer kan doen, en dat ons regtig geseend is, en dat God ons elke dag met soveel meer as net ons daaglikse brood voorsien.

Craig Bruinders

 

Preekreekse

Wat lê voor

Nuus