Muur van Herinnering

Die leierskap van Mosaïek Gemeente het navorsing gedoen en die resultate hiervan het gelei tot die besluit om aan die suidekant van die perseel, agter die Klipkerk 'n Muur van Herinnering in 'n gedenktuin op te rig.


Dit skep 'n veilige bewaarplek vir stoflike oorskotte en gedenkstene kan ook sonder veraste oorskot opgesit word, om afgestorwe geliefdes te onthou. Daar kan ook vooraf met die Pastorale sorg-span gereël word dat een van die leiers jou kan ondersteun en begelei in die tuin.


Eerder as om na 'n verwaarlooste en onveilige begraafplaas toe te gaan, kan gemeentelede en belangstellendes uit die omgewing na 'n gewyde omgewing toe kom waar hulle tuis voel en veilig is, om 'n geliefde of iemand spesiaal te onthou.

Rig navrae aan die Wholeness-Sentrum op 011 215 7207.

Wat lê voor

  • Son 14 Nov 2010 08:30