Informele Woongebiede

Informele woongebiede

Ons reik in liefde uit na ons (en ander) gemeenskappe waarby ons poog om behoeftes deur 'n holistiese benadering aan te spreek.

Dit is ons sosiale verantwoordelikheid om in gemeenskappe teenwoordig te wees met die oortuiging dat mense se lewens ten diepste geraak en verander kan word.

Om dit te sien gebeur, netwerk ons met eendersdenkende gemeentes en bou so saam aan die Koninkryk.

 

Uitreik na informele woongebiede

Mosaïek se betrokkenheid in ander gemeenskappe is nie pogings om die verlede "te herstel" nie, maar baie meer "ons manier" van dien, omdat ons geroepe voel (en deur liefde vir mense aangevuur word) om ook in ander se lewens 'n verskil te maak.

Volgens ons oortuiging dat die plaaslike gemeente die hoop van die wêreld is, reik ons uit na informele woongebiede in ons omgewing deur op 'n weeklikse basis ondersteuning te bied vir die uitbouing van gemeentes in hierdie areas.

Ons het 8 gemeentes in verskeie informele woongebiede (Alexandra, Diepsloot, Cullinan, Tweefontein en Zandspruit) gevestig. Daar is ongeveer 60 medewerkers wat op verskillende maniere dienswerk in hierdie woongebiede doen.

 

Bedieningsgeleenthede

Gemeentebediening: Werk in 'n groep saam om die gemeente se op- en uitbou te bevorder deur besoeke, lering, ensovoorts.
Kinderbediening: Dien kinders op 'n weeklikse basis deur kinderkerk aanbieding of kosvoorbereiding en -verspreiding.
Ons uitdaging is om mense in hierdie gemeentes/gemeenskappe te inspireer om binne hulle wêreld ook die kuns van lewe te bemeester.

Vir enige navrae kontak Gert Basson gertb@mosaiek.com

 

Preekreekse

Wat lê voor

Nuus