Maximus Mannebediening

Ons Visie en Doel:  

Manne wat geroep en toegerus is om dienaarleiers te wees in hulle gesinne of toekomstige gesinne, werksplekke en/of gemeenskappe en om as liggaam van Christus saam God se Koninkryk uit te bou.

Wie bedien ons?

Die mannebediening bedien volwasse mans van alle ouderdomme, met ‘n spesiale fokus op manne van die Mosaïek-gemeente.

Doelwitte

Die mannebediening wil ‘n ruimte skep waar:

  • mans opnuut ontdek wie God is en wat God se plan met hulle lewens is;
  • mans hul ware identiteit en doel op aarde sal ontdek en ontgin tot volle transformasie in Christus;
  • mans 'n veilige en vertroulike hawe skep en community in liefde ("place of grace") bou waarin hulle mekaar kan ondersteun tot geestelike en lewensgroei sodat hulle as dienaarleiers voluit kan leef in alle fasette van hul lewe;
  • mans gehelp word om hulle geloof in en verhouding met die Here met hulle gewone lewe te integreer;
  • mans, binne gesonde verhoudings, saam journey, by mekaar leer en mekaar bemoedig en toerus om ‘n verskil in ander mans se lewens en in die wêreld te maak;
  • mans ‘n "circle of accountability" - 'n verantwoordelikheidskring - skep waarin elkeen uitgedaag word tot optimale groei; en
  • mans inskakel en saamwerk met ander bedieninge en inisiatiewe binne Mosaiek en in die breër gemeenskap.

Waardes

Alle aktiwiteite van Maximus sal gemeet word aan die kernwaardes van Mosaïek, asook die volgende waardes en norme:

  • Dienaarskap - elke man is lid van Maximus om ander manne te dien, nie gedien te word nie.
  • Gelykheid - ons kyk na onsself en mekaar soos Christus na ons kyk. Wêreldse status, titels, posisies, rykdom, ego's, ens. bly buite die deur van elke Maximus-byeenkoms.
  • Die Woord van God - die Bybel bly die rigsnoer vir alle aktiwiteite; al sou ons ander hulpmiddels gebruik.
  • Waarheid - ons ondersteun mekaar om te alle tye in die Waarheid te leef.
  • Vertroulikheid - manne moet veilig voel om, waar nodig, hulle situasies of behoeftes met mekaar te deel. Daarom word alle inligting in volle vertroulikheid hanteer en word dit nie aan enigiemand buite daardie spesifieke groep geopenbaar nie.
  • Aanspreeklikheid in liefde - ons hou mekaar aanspreeklik om in ons deelname, leierskap en lewe God te verheerlik.

Werkswyse en Aktiwiteite

Die volgende aktiwiteite word beplan - meer besonderhede sal verskaf word, indien nodig:

  1. Jaarliks: 'n Mannekamp waar geestelike toerusting, groei, plesier en samesyn die botoon sal voer.  Ons wil ook Angus Buchan se "Mighty Men's Conference" bywoon.
  2. Kwartaalliks: Manne-ontbyte word minstens twee keer per jaar beplan, waartydens 'n bekende spreker ons sal toerus.
  3. Maandeliks: Ons beplan 'n toerustingsessie op 'n weeksaand, een keer per maand (gewoonlik die laaste Donderdag van die maand), waartydens 'n tema oor manwees deur 'n kenner aangespreek sal word of die manne as groep daaroor saamgesels. Hier gebruik ons Jimi le Roux se "Die Man Kursus". Kontak vir Frans van Staden. 
  4. Weekliks: 'n Uurlange byeenkoms in die klipkerk (ons sal ook uitbrei volgens behoefte om ander voorstede te dek) op 'n Vrydag- en Saterdagoggend waar op 'n informele manier saamgesels en gebid word en fellowship plaasvind. Vrydae om 05:30 tot 06:30 en Saterdae om 06:00 - 07:00.
  5. Deurlopend: Soos wat manne mekaar leer ken, sal hulle aangemoedig en toegerus word om 'n vertroulike (een-tot-een of kleingroep) dissipelskapspad te loop en 'n "accountability"-verhouding met iemand te sluit ten einde saam verder te groei. So kan manne mekaar "coach" en mentor tot 'n oorwinnaarslewe in Christus. Die Projek Timotheus of Operation Timothy-dokumente van CBMC, en ander hulpbronne, kan hiervoor gebruik word (sien: www.cbmc.co.zawww.cbmcint.org; en www.operationtimothy.com ).

Kontak ons

Ons nooi manne uit om lede en dienaarleiers in Maximus te kom word. Vir enige vrae en versoeke, kontak asseblief een van ons leiers:

  • Pieter van der Walt 0828201519 - Voorsitter; Navrae; Ontbyte; Klipkerk - Saterdag
  • Fanus Coetzee 0834066772 - Vrydagoggend klipkerkbyeenkomste, kampe en die Mighty Men Conference, Navrae
  • Frans van Staden 0834458512 - Navrae, Kommunikasie, Toerusting
  • Jooste Coetzee 0823391098 - Dienslewering, Administrasie, Navrae
  • Louis Laurie 0826539733 - Saterdagoggend klipkerkbyeenkomste, Navrae
  • Philip Poggenpoel 0833077282 - Navrae, Dienslewering, Klipkerkbyeenkomste - Saterdae
  • Pieter van der Walt 0828201519 - Saterdagoggend klipkerkbyeenkomste, Kommunikasie, Ontbyte
  • Pieter Wilken 0823206443 - Saterdagoggend klipkerkbyeenkomste, algemeen
  • Sarel Snyman 0741259271 - Dienslewering: Zimbabwe en ander uitreike, Navrae
  • Victor Hugo 0826856270 - Satedagoggend klipkerkbyeenkomste, Navrae 
  • Johan Woest 0824519859 (Navrae; Toerusting) 


Preekreekse

Wat lê voor

Nuus