



Community balanseer altyd tussen twee pole: afsondering en saamwees. Sonder saamwees word community uit mekaar gemaak; en sonder afsondering verval community tot ‘n massa, ‘n menigte. Afsondering en saamwees is nie wedersyds vyandig nie; inteendeel, dit maak die ander moontlik.
Afsondering sonder saamwees verval in eensaamheid. Ons het sterk word in saamwees nodig om af te kan sonder om eensaam te wees waneer ons alleen is. Allleenwees is neutraal; eensaamheid is allenheid wat van saamwees afgesny is; afsondering is alleenwees wat deur saamwees ondersteun is - ‘n geseënde afsondering.
Saamwees sonder afsonder is nie ware saamwees nie, maar eerder kant-tot-kantwees. Om bloot van kant tot kant te leef bring vervreemding. Ons het tyd en spasie nodig om alleen te wees, om onsself in afsondering te kry, voor ons onsself werklik vir mekaar kan gee in ware saamwees", skryf David Steindl-Rast ( http://www.gratefulness.org/ )
Community is die goddelike saamleef as ‘n gemeenskap en ook die produk daarvan. Dit is belewing van aanvaarding, verhouding, verbondenheid, koinonia en die groei wat dit bring. Community bestaan uit drie dimensies[i]:
--------------------------------------------------------------------------------
[i]
Le Roux, Jimi. 2006. Verbintenis II. Journey in Community. Johannesburg: Mosaïek Gemeente