




‘Wholeness' vorm ‘n integrale deel van Mosaïek se visie om op ‘n missionêre wyse saam met
ander mense te groei in die kuns van die lewe.
‘Wholeness' is een spesifieke onderafdeling van dit wat alles gebeur by Mosaïek. Dit funksioneer
op dieselfde vlak as aktiwiteite soos Prediking, Kunste, Uitreike en Evangelisasie, Nuwe generasie,
Groepe en Bedienings en die Administratiewe en Logistieke afdelings in die gemeente.
‘Wholeness' se aktiwiteite word vanuit die ‘Wholeness' Sentrum gelanseer en bedryf. Die sentrum is gevestig in die 10Tien gebou tussen die klipkerk en die Genesis gebou.
Ons glo om werklik die kuns van die lewe te bemeester is baie makliker wanneer ons meer heel en gesond is op alle vlakke. Alle professionele dienste, bedieninge, aktiwiteite en kursusse wat vanuit ‘Wholeness' voortkom, is gemik daarop om menswees te integreer op ‘n fisiese-, emosionele- en geestelike vlak.
Baie dankie dat jy jou tyd afstaan om meer te wete te kom van ‘Wholeness' by Mosaïek. Ons sal so graag jou op jou lewensreis na groter heelheid wil vergesel. Saam kan ons so die kuns van die lewe bemeester. Besoek asseblief al die fasette van Wholeness op hierdie webblad.
