Florida Babahuis

Florida Babahuis: 30Somethings besoek – 27 Junie 2009 (geskryf deur Isabel Schoeman)Babahuis-Kristal Paleis“my Glasshouse…” sing Jacque Velasques. Johan Geyser het weer in ‘n Klipkerkie diens gepraat van die Kristalpaleis,die plek van meditasie,die VEILIGE PLEK waar jy God ontmoet. So neem verskeie films en musiek mens na so veilige plek, fantasiewêreld, geseënde plek. Selfs in Braveheart word die seuntjie geseën met…’May the Lord Bless, Guard and Keep you and make His face to shine upon you…’ 

Pragtige afwagtende gesiggies begroet jou deur ‘n glasdeur as jy die Babahuis besoek. Plek van veiligheid vir HIV Positief sowel as ander babas wie, alhoewel dalk biologiese ouers het, nie deur hul grootgemaak word nie. My eerste gedagte is ‘n sin uit ’n lied van Michael W. Smith…”maybe we are entertaining angels unaware…”.

God het musiek geskape - ook vir ‘worship’…In August Rush word gebrokenheid herstel en is dit musiek wat ‘n kind met sy ouers versoen. In Australia is dit musiek wat ‘n weeskind na ouers, alhoewel nie-biologies lei as Nuluh hoop vir ouers en sing  “I wish upon a star...” en dan wanneer hy wel by die man en vrou wie hy as ouers aanvaar uitkom na ’n tragedie sing “I sing you to me...”

Ek glo dit kan musiek wees of iets anders wat God in elkeen van ons lewens kan gebruik om Hom te worship en verheerlik - dalk is dit net om te wees... en om die regte ding te doen... dalk net te wees en na die Heilge Gees te luister... dan word Hy groot gemaak in iets wat tragies kon wees.

Met ‘n kliniese hospitaal-agtergrond en passie vir  verhoudings en mense-harte en alle gebrokenheid waar God se ongelooflike liefde kan herstel, was ek redelik oopkop om dalk super hartseer daar weg te stap en te wens ek kan al die babas saamneem.Dis juis die teenoorgestelde opgewekte emosies wat hierdie Babahuis so anders maak, alhoewel ek hulle ongelooflik gemis het die volgende dag.  Bedink so twaalf  babas wat gelyk bietjie aandag vertoosting en vertroeteling benodig! Ek glo Jacolene sal saamstem en dit was werklik ’n voorreg om die belewenis saam met haar te kon meemaak. Ek moet vir haar dankie sê vir die voorreg en dat sy dit soos al ons 30 something ‘events’ beplan en organiseer! Perfek soos altyd!Na ontmoeting met die huismoeder, Ansie,haar man  en twee verpleegpersoneel, ontstaan ’n bonatuurlike rustigheid. Die Babas is VEILIG en in goeie LIEFDEVOLLE mense se hande. God het hul werklik spesiaal geskape om so ’n reis mee te maak. Deel van die reis  is om die babas wel na ’n permanente huisgesin oor te plaas.Wonderlik! Hier bid ons dat die babas elk ’n permanente veilige vesting kry! Ansie is ongelooflik: selfs vir mediese probleme, neem sy wel ’n siek baba na ’n Publieke hospitaal. Besoek gerus een en sien die oneindige laaaaaang rye! Maar sy doen dit in Liefde.God sê in Johannes 14:16 en 26...”’Ek sal jul nie as wese agterlaat nie...maar die Trooster, die Heilige Gees wat die Vader in My naam sal stuur...” Ek glo dat dit ook die Heilige Gees is wie mense soos Ansie se harte aanraak om op die aarde te sorg dat die babas nie ‘wese’ bly nie.Die Babahuis word Veilig gehou en alhoewel ek geen melding maak van name nie, is dit kosbaar om te weet dat  God soos in Jesaja geskryf staan elkeen by sy NAAM geroep het al van moederskoot af en dat Hy soos in Openbaring staan vir kinders van God ’n wit klippie gee/keursteen met ’n nuwe naam....of dat elkeen se naam in Sy handpalms gegraveer is!Dit was verrassend om die selfstandigheid van die babas te sien,veral die oudste seuntjie, amper twee jaar oud,  wie leë bottels by elke baba bed uitgehaal het en kombuis toe geneem het om gewas te word! Babas leer mens eintlik alles - sekerlik daarom dat God sê ‘laat die kindertjies na My toe kom en moet hul nie verhinder nie’...mens kyk deur die oë van ’n kind en sien skielik weer die lewe anders. Jy besef niks gaan eintlik om jouself nie, maar alles gaan oor GOD en Sy LIEFDE en die uitstraal van Sy Liefde. Jy wil weer uit jou gewone werksure wakker word oor die realiteit van die kern van ons bestaan. Jy wil God toelaat om jou te help om ten volle te lewe en die lewe te ‘embrace’.Die belangrikste wat in my hart was terwyl ek tyd met die babas spandeer het, was om saggies vir hul te bid, vir God se salwing op hul lewe, vir wonderlike permanente huisgesinne en vir tonne liefde...asook vir emosionele,fisies en geestelike genesing op hul reis vorentoe. Mens besef nie dat baie babatjies prematuur gebore word nie, tot  jy besef dat byvoorbeeld die tweeling-seuntjies wat elkeen op ’n been spring as mens gehurk sit, eitlik ouer is en dan dit bevestig deur hul geboortedatum, ensovoorts. Dis wanneer eenjariges net so bietjie groter is as die slegs paar maande oue siamese tweeling wie ek help verpleeg het jare gelede. Lewe en gesondheid en Liefde is ’n ongelooflike genadegawe.Ek is opreg opgewonde oor die kosbare werk wat by die Babahuis verrig word en sal dit beslis weer besoek. Dis deel van my lewens reis, my ‘soul cravings’...Erwin Mcmanus skryf in Uprising ...”the great things that we long for and search for are found among the small things we may ignore or even discard. The great things of God come out of the small acts of faithfulness...”Ek glo dat ons nie bekwaam hoef te wees om die Babahuis te besoek nie, maar net liefde te gee…net te wees…dis deel van aanbidding…en dan word ons betrokke by die tweede aanraking waarvan Trevor Hudson onlangs gepraat het…ons raak God se instrumente…en deur die oë van ‘n kind leer ons as volwassenes ook om ons geestelike oë oop te maak en kan ons ook musiek gebruik en die woorde lewe  wanneer ons sing en  aanbid…“I was blind…But now I see”...

Wat lê voor

Nuus