



Gideons Internasionaal bestaan al meer as 100 jaar en is aktief in 182 lande. In Suid -Afrika word Bybels voorsien aan hoofsaaklik gastehuise, hotelle, hospitale en mediese praktyke, die polisie en brandweerdienste en gevangenisse, studente en aan alle graad 8-leerlinge waar moontlik. Die fondse daarvoor kom uit hulle eie sakke, goedgesinde kerke en sakemense, en mede-gelowiges wat geroepe voel om finansieel by te dra.
Jy kan die Gideons ondersteun deur:
- Voorbidding vir hulle werk in die voorsiening van die Bybel.
- Uitnodiging vir finansiële ondersteuning (Gideons van SA, Emmarentia, ABSA rek. no: 730140061; of pos 'n gekruisde tjek aan hulle na Posbus 5596, Cresta 2118)
- Uitnodiging tot lidmaatskap van die Gideons.
Indien jy meer wil weet van lidmaatskap, kontak Kobus op:
S: 082 887 0107
T: 011 888 2935
E: jck2@telkomsa.net