Musical / Blyspel

Mosaïek se Inspirerende Kunste-span bied jaarliks 'n oorspronklike Afrikaanse musical aan. Deur hierdie projek word 'n hele aantal kunsvorms gemobiliseer en geïntegreer om 'n produksie die planke te laat sien om hierdie gawes en talente te vier.

Meer as 100 medewerkers neem jaarliks deel aan hierdie projek, meeste vir tydperke van langer as drie maande, waar hulle 'n paar keer bymekaar kom om te oefen, dekor te bou, liedjies te skryf, tegniese beplanning te doen en talle meer.

Sedert die ingebruikneming van die Teatro in 2004 het ons al bykans elke jaar die geleentheid gehad om die fasiliteit se ruim bedieningspasie en verhoog te benut vir indrukwekkende dekor, ritmiese koreografie, komiese spel en asemrowende tegniese toertjies.

In 2004 het ons die gehoor weggevoer na 'n ander wêreld om te herbesin oor die betekenis van Paasfees, met 'Krokketopia'.

In 2005 kon ons met die tema van gebrokenheid speel, deur van die metafoor van speelgoed gebruik te maak, met 'Speel-Speel'.

In 2006 is daar na hoër hoogtes gemik, en oor die onderwerp van Vryheid gedink, deur van voëls gebruik te maak, met 'Vere'.

In 2008 was ons vasgekeer met die tema, hoop, in die stuk 'OPgeHoop'.

En in 2009 was ons saam vasgekeer op 'n treinstasie in 'Stasionêr'.

Hou die spasie dop om te sien wat Augustus 2010 inhou.

Preekreekse

Wat lê voor

Nuus