Getting The Love You Want

WAAROOR GAAN DIE WERKSWINKEL?

Dit is ‘n praktiese, opwindende naweek met hope inligting en gereedskap wat julle verhouding baie meer bevredigend en verrykend vir albei maats gaan maak.

 

Jy gaan leer:

  • Hoe om die verskuilde kragte en agendas wat julle verhouding beheer te identifiseer en te benut.
  • Hoekom dit wat jou aanvanklik na jou maat aangetrek het, jou nou gek maak.
  • Hoe julle frustrasies, die verhouding kan laat groei en genees.
  • Hoe om die vreugde en emosionele potensiaal van julle verhouding te herontdek.
  • Hoe om jou behoeftes en begeertes suksesvol te kommunikeer.
  • Hoe om jou lewensmaat se beste vriend en terapeut te word.
  • Hoe om jou liefde en waardering so te wys dat dit jou maat se hart roer.
  • Hoe om pret, romanse, passie, veiligheid en intimiteit te skep in julle verhouding.
  • Hoe om die kennis van die dinamika van intieme verhoudings net so toe te pas op ander konneksies in jou lewe.  So gaan jy al jou verhoudings by die werk, in jou familie, jou gesin assok in jou sosiale wêreld, na ‘n totaal nuwe dimensie toe neem.  ‘n Dimensie waar al jou verhoudings vervullende, energerende, "connecting" interaksies word!

 

Dis vir jou as:

  • Julle ‘n goeie verhouding het en julle dit ‘n wonderlike, veilige  verhouding, op ‘n nuwe vlak wil maak
  • Julle amper op egskeiding staan en moet besluit of die verhouding gered kan word.
  • Julle as ouers, vir julle kinders ‘n veilige versorgende milieu wil skep vir hul grootword.
  • Julle op trou staan en wil seker maak julle is sielsgenote.
  • Julle in ‘n diep verhouding is en dit wil behou.
  • Julle al julle verhoudings by die werk en in julle familie-en vriendekring wil begin transformeer na "connecting" energerende verhoudings toe.

 

Die omstandighede tydens die werkswinkel

Die werkswinkel is so ontwerp dat dit ‘n veilige en gemaklike atmosfeer bied aan almal wat dit bywoon.  Jy gaan alleen met jou maat werk en dit sal nie van julle vereis word om enigiets met die groep te deel, as julle dit so sou verkies nie.  Vertroulikheid word regdeur die naweek gerespekteer en behou.

 

Aanbieders

Dr Gys du Plessis.

Gys is ‘n mediese dokter.  Hy is tans ook die leier van ‘n holistiese sentrum in Fairland, Suid-Afrika.  Sy grootste passie in die lewe is om mense te help sinvol "connect" deur middel van verhoudings.  Sy entoesiasme vir gelukkige en veilige verhoudings het hom geinspireer om bo en behalwe sy bestaande kennis en ondervinding vir nog ‘n ekstra 3 jaar intensiewe opleiding te ondergaan in ‘n rewolusionêre nuwe benadering tot intieme verhoudings.  Hierdie kwalifikasie maak van hom ‘n geakkrediteerde, internasionale Imago Verhoudingsterapeut.  Hy het ook homself bekwaam as ‘n Internasionale Werkswinkel Aanbieder in dieselfde rigting.  Al hierdie kennis en vaardighede word dan ook in hierdie werkswinkel ingebou.

As ‘n reeds bekende aanbieder van ander verhoudingsseminare, asook leierskap ontwikkelingswerkswinkels, deel hy hierdie nuwe paradigma rondom verhoudings in die vorm van ‘n naweek werkswinkel vir pare.

Die werkswinkels is die breinkind van Dr Harville Hendrix en word op Engels "Getting the Love You Want", genoem. Vandaar die benaming van die werkswinkel. Dit wat hy het om te deel, het reeds sy eie en baie ander verhoudings so verryk dat hy geweldig entoesiasties is oor wat die kennis en gereedskap vir nog menige pare kan beteken.

 

2009 Program

20& 21 Junie 2009

15& 16 Augustus 2009 

31Oktober & 1 November 2009

 

Plek

Faithfully Yours, Honeydew

Na bevestiging van registrasie ontvang u ‘n padkaart met duidelike aanwysings vir die venue. 

 

Tariewe

R2,900.00 per paar. 

Dit sluit in:  Opleiding en kursusmateriaal, tee en koffiemet verversings gedurende die dag en ligte etes.  Ander etes asook die verblyf is nie ingesluitby die tarief nie.

 

Registrasie

Tel:082374 7307                       (Susan)

011 215 7200 of 011 2157202    (Baretta)

Faks:        011215 7225

e-pos:       info@wholesness.co.za

Webblad:   www.wholeness.co.za

Die hoeveelheid paartjies wat ons per werkswinkel kan akkomodeer, is baie beperk.  Ons wil u aanmoedig om so gou moontlik te registreer. Skakel asseblief bostaande telefoonommers of maak gebruik van die webblad.  Kansellasiefooi binne 14 dae voor die aanvang van die werkswinkel beloop R1,000.00.

 

Akkomodasie

By ontvangs van registrasie ontvang u ook inligting aangaande oornagverblyf in die area waar die werkswinkel gehou word, indien dit benodig word.

Wat lê voor