Christelike Berading

Neels besig met berading

Die Wholeness Sentrum beskik oor ‘n toegewyde, span beraders wat spesiaal gekeur en opgelei is vir hierdie taak.

Persone wat voel dat hulle behoefte het aan ‘n berader (met ander woorde iemand wat graag wil luister en moontlik van hulp kan wees in die journey na herstel of helderheid oor ‘n spesifieke saak), kan vir Kinny Combrinck by die Wholeness Sentrum skakel (011 215 7207) en ‘n afspraak maak met die hoof van die Pastorale Sorg, Neels van der Bergh, of een van die ander bevoegde beraders.

Al hierdie konsultasies is gratis en word gehou in een van die kuierkamers in die Wholeness Sentrum wat spesiaal vir hierdie doel ingerig is.