Kardio Flex Oefenklasse

Pas jou liggaam op –beweeg hom! Beweging is die teken en essensie  van lewe .Die modern lewenswyse dwing die mens om minder te beweeg. Daarom ly mense al meer aan hartkwale, diabetes ,vetsug en depressie. Ons bied bewegingsklasse aan juis met die doel om vir n uur  lank  te  beweeg !

Die klas bestaan uit 'n opwarmingfase om die spiere gereed te maak vir die meer intensiewe kardiovaskuleregedeelte van die klas . Die  kardio-gedeelte bestaan uit vinnige, ritmiese grootspierbewegings ,wat afgewissel word deur apparate soos elastiese rekke, ligte handgewiggies en houttrapbankies. Na ‘n kort afkoelfase word intensiewe spierversterkings – en strek oefeninge gedoen, wat elke deel van die spierstelsel aanspreek. 

Laastens vind ‘n ontspanningsfase plaas .Voorwaar word die goedvoel-hormone ook afgeskei !

Tans word die bewegingsklasse op Maandae, Dinsdae en Donderdae oggende en Maandae en Woensdae middae  aangebied.              

Kontak:   Mimi Coetser  by  083 556 0696

 

Dokumente