



" 'n Gesonde Liggaam huisves ‘n Gesonde Gees! "
Mosaïek beskik oor ‘n Groen Apteek in die Wholeness Sentrum wat weeksdae daagliks oop is vanaf 9h00 – 17h00; asook Sondagoggende na afloop van die diens.
Elsje van Wyk is tans in beheer van die apteek en sal jou kan bystaan om die korrekte keuse van produkte te maak vir jou spesifieke behoeftes.
Hier is ‘n verskeidenheid natuurlike aanvullings en gesondheidsprodukte beskikbaar soos multivitamien en mineraaltablette, immuniteitsversterkers (ook vir kinders), anti-oksidante, natuurlike antibiotikas, maaltydvervangers, produkte vir persoonlike higiëne, sade, neute en natuurlike heuning.
Die nodige essensiële vetsure word nie meer deur ons moderne eet patrone verskaf nie. Essensiële vetsure (EFA’s) is voordelig en noodsaaklik vir die volgende redes:
By die Groen Apteek is essensiële vetsure beskikbaar in kapsules, gekonsentreerde olies en smaaklike poeiervorm vir kinders.
Natuurlike verslankingsprodukte ook beskikbaar asook produkte wat die homosisteïn- en cholesterolvlakke beheer.
Vir enige navrae skakel 011 215 7201