



Neels van der Bergh is tans leier van die Geestelike Diensbeen by die Wholeness Sentrum. Hy is ‘n oud Menslike Hulpbronne Direkteur met meer as 25 jaar se korporatiewe ondervinding in menslike hulpbronne bestuur en arbeidsbetrekkinge asook baie jare se deeltydse ervaring in talle bedieninge.
Hy is reeds die afgelope ses jaar voltyds betrokke by Mosaïek waar hy verantwoordelik is vir al die Pastorale Versorging van die gemeente. Hy het die volgende te sê oor sy passie vir mense en hulle versorging binne in die Wholeness konteks:
"Ons droom is om hoop en ondersteuning te bied aan mense in ons gemeenskap wat krisisse of pyn beleef net soos God ons die opdrag gee volgens Sy woord in 2 Kor 1:3b-4 "Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke moeilike omstandigheid uitkoms gee. In elke moeilikheid help Hy ons. Daarom kan ons ook weer ander help wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig." Sien ook Matt 25:31-46; Luk 10:30-37."