



Mez'o het onlangs klaargemaak met die "Revolution" reeks waarin ons die radikale woorde en lewe van Jesus na gekyk het om te verstaan wat die impak nie net van was vir Sy tyd nie, maar ook vir ons lewens vandag. Ons het ook bietjie gereis rondom 5 inspirasionele persone in die geskiedenis en hoe hulle hul werelde verander het: Bono, Nelson Mandela, Moeder Theresa, Martin Luther King jnr en Gandhi.
Die reeks het begin met Jesus se word waarmee Hy Sy bediening begin het: "Tsehuva" - draai terug. Draai terug na ‘n alternatiewe vorm van lewe, ‘n new way of life in ooreenstemming met die wil van God.
Die tweede sessie het gegaan oor die wereld waarin Jesus geleef het en die uitsprake wat Hy en Sy volgelinge later gemaak het. Veral die politiese verklaring dat Jesus die Here is en nie die Keiser nie en dat Jesus se boodskap die ware Goeie nuus is en nie die Keiser se weergawe. Ons het veral gefokus op die publieke kant van Jesus se boodskap.
In die derde sessie het Jacques Bornman sy hart met ons kom deel rondom die kerk wat geroep is as gemeenskap wat vir ‘n doel groter as hulself bestaan. "Communitas" was die begrip wat hy unpack het.
Die tweede laaste sessie was ‘n meer moderne komtemplatiewe sessie waarin ons die moeilke woorde van Jesus ondersoek het en watter vrae in ons woed. Ons het veral gekyk hoe moeilik dit soms is om ‘n Christen te wees.
Ons het die reeks afgesluit met die sessie: "change the [blank], change the world." Ons het na die One red paper clip video gekyk en gekyk na die blanks/paper clips in ons lewens waarin ons ‘n verskil kan maak, waarin ons ‘n invloed kan uitoefen en waarin ons kan seker maak dat heaven op earth kom crash...
Join the movement... join the Revolution of Love