Kleingroepe @ Mosaiek

Die geestelike reis is ’n avontuur – waar ons ontdek wie ons in God is, en hoe om ’n lewensritme te ontwikkel as Sy geliefdes. Die reis is na binne, na mekaar en buite. Die reistog is egter nie een vir alleen-stap nie. Dit is bedoel om gedeel te word – in community met ander.  Om ons lewe met ander in gemeenskap te deel, is ‘n onmisbare aspek van ons spiritualiteit. Die vraag is: “Waar vind ek ’n groep mense saam wie ek kan groei in my verhouding met God, in liefdevolle verhoudings met mekaar, en die wêreld?”

Mosaïek kleingroepe kom weekliks bymekaar in huise in die hele groter Johannesburg omgewing. Om in te skakel by ‘n kleingroep vind veral deur die een van die volgende twee maniere plaas:

  • Deur Turbo-kleingroepe, stig ons totaal nuwe groepe. Belangstellendes ontdek saam hoe ’n lewe in community lyk,en kry ’n geleentheid om mekaar te leer ken. Groepe kom organies tot stand –  jy kan self kies saam wie jy ’n groep wil vorm, en skep saam aan hoe en waar die groep bymekaar kom. 
  • Die ander opsie is om by ’n bestaande kleingroep in te skakel. Na aanleiding van jou geografie (waar jy bly) en demografie (jou lewensfase) word jy in kontak gebring met toepaslike bestaande kleingroepe wat lede verlang.  

 

Waarom nie die eerste treë gee nie? Kontak ons gerus en word deel!

Kontak Jacques Bornman

Preekreekse

Wat lê voor

Nuus