Planet J - Dit is Fun!

Stel jou voor ...
'n kindgerigte kinderbediening waar die Bybel kreatief geleer en uitgebeeld word, waar sy waarhede op 'n relevante wyse aangebied word, waar kinders herderlik begelei word, veilig hulleself kan wees en ondersoekend vrae kan vra, waar God se waarhede met pret en opwinding ontdek kan word.

Planet J visie...

Om elke kind vanaf 0 - 12 jaar te begelei in hulle verhouding met die Here, met hulle maats en mense wat naby hulle is, asook in die skool en die wêreld daar buite.  Om hulle te help verstaan dat hulle 'n unieke skeppingsdoel het en 'n verskil kan maak.

Wat is ons waardes?
  • Leersaamheid: Elke kind moet iets leer.
  • Lewensverandering: Elke kind se lewe moet positief verander.
  • Pret: Elke kind moet dit geniet.
  • Verhouding: Daar moet verhouding gebou word tussen kind en God, kind en personeel en kind en maats.
  • Veiligheid: Die kinderkerk moet 'n veilige en liefdevolle omgewing wees
Wat bied ons aan?
  • Planet J les uur (kinderkerk) tydens altwee oggenddienste
  • Speletjiesaande 
  • Ouersondae - Vir kuier saam met die Planet J-ouers
  • Heroes kamp - Gr 5-6
Kontak gerus vir Joharina Nel indien jy wil hê dat jou kind moet inskakel by Planet J of as jy wil inskakel as medewerker.