Naam van Bediening
Fietsry - Pad en Bergfiets
Leier
Johann Knoetze
Doel
Ons doel is om vroeg-oggend weg te kom van alles, op ons fietse te klim en in die natuur naby God te wees. Om ons fiksheid op ‘n hoër vlak te kry En om nuwe mense te ontmoet en ons vriendekring uit te brei.
Fokusgroep/Teikengroep
Enige ouderdom is welkom. Ons het verskillende groepe wat saamry, so enige iemand wat n doel/passie het om fiets te ry – pad- of bergfiets – kan gerus inskakel.
Ontmoet wanneer
Elke Saterdag oggend by Riverstone Lodge, Muldersdrift – 6:00 vir 6:30
Ontmoet waar
Riverstone Lodge, Muldersdrift
Uitkomste vir die jaar
Ons wil graag iemand probeer help wat ‘n passie het om fiets te ry, maar wat dalk nie die fondse het om die nodige toerusting te koop nie, sodat daardie person ook sy/haar drome kan uitleef.Ons wil uitreik na ‘n kinderhuis, waar hulp nodig is met fisiese aktiwiteite.Ons wil ‘n groot groep inskrywing doen vir die 94.7.Bo en behalwe dit, ry ons fiets om naby God te wees, saam God te dien in die natuur en ook natuurlik ombietjie fiks te bly en lekker nuwe mense te ontmoet!
Enige algemene nuus …
Ons het Mosaïek fietsryhemde laat maak om in te ry sodat almal ons op die pad kan herken.
E-posadres