Dienswerk

Dienswerk! – dis ‘n woord wat gereeld by Mosaïek gehoor word. 

  • Hoekom is dit belangrik om jóú unieke gawes, talente, persoonlikheid, passies, agtergrond, opleiding, ervaring en potensiaal in te ploeg in iets groters as wat jy is?
  • Hoekom word jy jaarliks uitgenooi om ondersoek in te stel en vir een jaar jouself aan iets besonders in ons gemeente en gemeenskap te kom verbind?
  • Hoekom word hierdie as ‘n uitnemende geleentheid beskou waar jy jouself beter kan leer ken, saam met ander kan journey en groter duidelikheid oor jóú unieke skeppingsdoel kan kry?

Want dit is!
Ons as gemeente wil ‘n verskil maak.

Ons wil iets agterlos wat groter is as ons eie bestaan.
En elkeen van ons kan daartoe ‘n unieke bydrae maak.

Dienswerk is nie maklik nie.
Dienswerk kos ‘n prys.
Dienswerk verg opoffering, inspanning en verbintenis.
Dienswerk is onselfsugtig.
Dienswerk gaan oor meer as ons eie behoeftes en ons eie vervulling – alhoewel dit wonderbaarlik deel van die avontuur is.
Dienswerk gaan oor mense – om ander te dien en te inspireer en te versorg op maniere wat net jy alleen kan.
Dienswerk is ‘n uitdaging wat jou nader aan God, ander en jou wêreld bring...

Gaan jy die uitdaging aanvaar?
Daar is geen ander manier om jou wêreld te verander nie.

 

“We are not doing this to save others. We are doing this to save ourselves.” – Rob Bell

 

Kontak Jacques Bornman op jacquesb@mosaiek.com vir meer inligting oor hoe jy die volgende tree kan neem in die ontdekking van waar jy 'n verskil kan maak.