



Tema Wegbreek kamp: Bruid van Christus Dit is weer tyd om te bespreek vir die jaarlikse Feminae kamp. Ons het elke maand met ons Feminae-funksies gefokus op ’n spesifieke tema wat aansluit by die voorbereiding van ’n bruid in aanloop tot haar bruilof.In Januarie was dit ‘Onthaal die Koning’. Daar kon ons begin met gedagtes oor hoe om te onthaal, die gedagte dat die Bruidegom jou hoofgas by elke maal moet wees, en ook waar jy voorberei as bruid vir die bruilof.In Maart het ons Die Paastyd gevier. Ons kon weer stil word met al die belangrike simbole en gebruike daarvan. Dit is ook deel van die aflegging van die ou verlede vir wanneer jy en jou bruidegom in die huwelik tree. Die Vader wil hê ons moet klaar maak met ons verlede.In Mei kon ons weer kyk na ons verhoudings met mekaar – dit sluit ook aan as deel van jou voorbereiding as bruid. Kom ons streef na versoening. Daardie aand het ek opnuut besef ons stel mekaar teleur wanneer ons verwagtinge oor mekaar, mense en dinge koester. Kom ons kies om nie menslike idees oor mekaar te koester nie.In Julie gaan ons stil word by die geleentheid om te weet dat ’n Winterseisoen selfs vir ’n baie opgewonde bruid kan aanbreek. In September is dit weer tyd vir die opwinding van die romanse wat so aansteeklik is wanneer ons ons voorberei as bruid. Hooglied sal nooit weer dieselfde gehoor kan word nie.Oktobermaand gaan ons weer die storie hoor dat ons almal uit die as kan opstaan. Verrys as bruide… afgesonder vir die bruid van Christus. Kom dan liewe Feminae-vriendin… Ek nooi jou na ’n geleentheid om te kom proe, beleef, en weet dat jy deel van die bruid van Christus is. Op hierdie kamp gaan ons dit ervaar. Ons sien uit om jou daar te ontmoet...