



PT106 Community
Ons elkeen leef met die behoefte aan gemeenskap met ander. Ons wil in verhoudings staan, aanvaar word, werklik behoort en ons lewens diep met ander deel. In hierdie kursus kyk ons na die teorie en praktyk van community-lewe. Ons klem is op postmoderne groepbediening, wat ‘n eko-sistemiese aanslag het en beoog om ruimtes te skep vir konneksie en groei. Ons kyk ook na die fasiliterende en organiese leierskap wat so ‘n bediening verg. Hierdie aktuele en interessante kursus is vir almal wat belang stel in gemeenskapslewe, groeplewe, verhoudings in groepe, kleingroepe, ens. Nie net groepfasiliteerders (of potensiële fasiliteerders) nie, maar ook elkeen in kleingroepe sal die saamgesels leersaam en verrykend vind.
Hierdie kursus word aangebied deur Johan Beukes & Pieter le Roux & Jacques Bornman
PT204 Pastorale Beraad
Pastorale Beraad II is ‘n opvolg-kursus van Pastorale Beraad I en gaan baie meer prakties gerig wees op die toerusting van praktiese pastorale beraad tegnieke. Ons gaan kyk na ‘n basis-teorie wat die teoretiese kennis van Pastorale Sorg I net weer vasmaak en dan in die daaropvolgende sessies praktiese opleiding doen in beradingstegnieke.
Hierdie kursus word aangebied deur Johan Ferreira
Datums van altwee Modules: 21 Julie, 28 Julie, 4 Augustus, 11 Augustus, 18 Augustus, 25 Augustus
Registrasies sluit 19 Julie 2010!
Kontak Sonja Kloppers by 011 268 4763 of Sonjak@Mosaiek.com