



Leadership Journal
Die Nuwe Generasie span is voorwaar geseënd met wonderlike medewerkers, medeleiers
wat mekaar se hande vat en sterk maak.
Die NG “leiers connect” is ‘n geleentheid waarby ons mekaar beter kan leer ken en
“celebrate” wat die Here deur ons gedoen het in ons verskeie bedieninge.
Dit was ’n groei-geleentheid waar ons saamgesels het oor hoe om ‘n “Buzz” te “create”,
en spasies te skep waarbinne mense ervarings met God self kan hê.
“Seeing people anxious to look more like Jesus, talk more like Him, serve more like
Him, live and love more like Him is our primary reason for being!!”
Ron Martoia – Morph Leadership
Die volgende diagram het struktuur verleen aan dié gedagte:
Versprei die ‘vibrant virus’
3 MomentumVibrant
1 My lewe verander
2 Ek sien en kry geleentheid
om as katalisator vir ander op te tree
4 Faktore wat lewensverandering aanvuur:
4.1 Lewe werk beter
4.2 Diep beweging
5 Krag van storie
’n Dieper verhouding met God (1) verander my lewe. Geleenthede (2) word geskep om
as katalisator op te tree, wat steeds verdieping in myself voortbring. Dit “create” (3) ’n
vibe wat uitkring in my bediening, en die momentum word ’n brander wat nie gekeer kan
word nie. Hierdeur (4) word my totale lewe geraak, (4.1) dinge raak beter.
’n Dieper bewustheid van God se Grootsheid word elke keer onderstreep (5) wanneer
ander ek ander se stories hoor en beleef hoe God ook in hulle en deur hulle werk!
Stories in jou en ander lewens is vir ons baie belangrik. Dit is deur hierdie stories waar
ons die krag van die Heilige Gees se werking saam met jou kan ervaar. Deel dit met ons!
E-pos jou ervarings na nuwegenerasie@mosaiek.com