



Dit is wonderlik. Elke jaar is dit soos ‘n terugruk na wat die lewe werklik oor is. Mens derail. Dit help net soveel meer om mens weer gefokus te kry en op die regte pad.
Wat ‘n wonderlike belewenis! Hoe kan ‘n mens nié glo nie?
Dankie dat ek vir ‘n tydjie kon stilstaan en weer die paastyd herlewe; vir die grootste geskenk wat ons ooit kon ontvang – die Ewige Lewe!
Dit is wonderlik. Dit maak mens se oë oop vir goed wat jy nog nooit in die Bybel raakgelees het nie. Jy voel (soos waar ‘n mens aan die dorings kon raak) hoe die Here Jesus Christus moes voel.
Baie, baie dankie! Wat ‘n wonderlike ervaring! Dit laat mens net weer SO naby aan Jesus voel!
Diep geraak.
Hoe wonderlik om hierdie pad mee te maak. Dit laat mens opnuut besef die pyn, smart en lyding wat Jesus vir my deurgemaak het.
Dit was die eerste keer in my lewe dat ek so iets ervaar. Dit bring jou tot stilstand en laat jou dink oor jou lewe.
Hoe kan ek twyfel oor God se wil met my? Ek moet glo dat my eindbestemming feestelik en geseënd sal wees.
Wat ‘n wonderlike voorreg om deel te neem aan die Kruisstasies. Paasfees is die grondslag van wie ons is, en van wat Jesus vir ons gedoen het.
Dit is treffend en aangrypend.
Baie dankie aan elkeen wat die reis met ons gedeel het.