Finansiele kursusse

Finansiele kursusse

Mosaiek bied elke kwartaal twee kursusse aan wat individue help om hul geldsake beter te bestuur. Elk van hierdie kursusse word deur ‘n span aangebied wat kundig is inhul onderskeie velde.

 

Eerste kursus: Persoonlike Finansies Kursus  

Die eerste kursus staan bekend as die Persoonlike Finansies Kursus. In hierdie kursus fokus ons op die individu se geldpersoonlikheid en die gawes wat ons ontvang het om ons finansies beter te bestuur. Aspekte rondom die ekonomiese wette van geld sowel as bybel se beginsels word aangeraak. Kursusgangers ontvang ook opleiding in die saam stel van ‘n huishoudelike begroting met behulp van ‘n praktiese model.

Die kursus word aangebied deur Michael McClintock, Samuel van Niekerk en Johan Gouws.

 

Tweede kursus:  Persoonlike Finansiele Beplanningskursus

Die tweede kursus staan bekend as die Persoonlike FinansiëleBeplanningskursus. In hierdie kursus word die sleutel elemente van omvattende finansiële beplanning aangespreek. ‘n Gesprek word gehou rondom die basiese beginsels van beleggings sowel as riglyne vir besluite rondom mediese, lewens en korttermynversekering. Die finansiële beplanningsprentjie word voltooi met ‘n bespreking rondom testament een boedelbeplanning. Vrae wat in die kursus beantwoord sal word sluit in: Hoe maak ek seker ek het die regte tipe versekering? Het ek te veel of te min versekering? Waar en hoe moet ek my geld belê? Wanneer moet ek begin spaar vir aftrede? Hoekom moet ek ‘n testament hê? En, hoe kan ek seker maak dat my geliefdes finansieël onafhanklik sal wees sou ek sterf?

Kursus word aangebied deur Koos du Plessis, Eugene Balt en Johan Gouws 

Kontak persoon is Karin Arter - karina@mosaiek.com of 011 268 4736 

 

 

Preekreekse

Wat lê voor

Nuus