Finansies

Persoonlike Finansiële Beplanningskursus 

Mosaiekbied elke kwartaal twee kursusse aan wat individue help om hul geldsake beterte bestuur. Elk van hierdie kursusse word deur ‘n span aangebied wat kundig is inhul onderskeie velde.

Eerste Kursus 

Die eerstekursus staan bekend as die Persoonlike Finansies Kursus. Inhierdie kursus fokus ons op die individu se geldpersoonlikheid en die gawes watons ontvang het om ons finansies beter te bestuur. Aspekte rondom dieekonomiese wette van geld sowel as bybelse beginsels word aangeraak.Kursusgangers ontvang ook opleiding in die saamstel van ‘n huishoudelikebegroting met behulp van ‘n praktiese model.

Die kursus word aangebied deur M, McClintock, S, van Niekerk en J, Gouws.

Tweede Kursus 

Die tweede kursus staan bekend as die Persoonlike FinansiëleBeplanningskursus. In hierdie kursus word die sleutel elemente van omvattendefinansiële beplanning aangespreek. ‘n Gesprek word gehou rondom die basiesebeginsels van beleggings sowel as riglynevir besluite rondom mediese, lewens en korttermynversekering. Diefinansiële beplanningsprentjie word voltooi met ‘n bespreking rondom testamenteen boedelbeplanning. Vrae wat in die kursus beantwoord sal word sluit in: Hoemaak ek seker ek het die regte tipe versekering? Het ek te veel of te minversekering? Waar en hoe moet ek my geld belê? Wanneer moet ek begin spaar viraftrede? Hoekom moet ek ‘n testament hê? En, hoe kan ek seker maak dat my geliefdesfinansieël onafhanklik sal wees sou ek sterf?

‘n Multideskundige span bestaande uit Koos du Plessis, Eugene Balt en Johan Gouws behandel elk die kern elemente vanwelvaartsbestuur.

Indien u belangstel om enige van ons finansiële kursusse te doen, kontak gerus vir Karin Arter by karina@mosaiek.com

U kan ook by die i-desk registreer.