Gespreksaand met Johan Ferreira, Sielkundige by Wholeness@Mosaiek met die Enkelma Ondersteuningsgroep

Op 5 Maart 2010 het die enkelma ondersteuningsgroep soos gewoonlik op die Vrydagaand bymekaar gekom en daar was gesels oor die proses van hertoetreding tot 'n volgende verhouding na egskeiding of verlies van jou lewensmaat met Johan Ferreira, Sielkundige by Wholeness@Mosaiek.  Die aand was gekenmerk deur 'n groot hoeveelheid humor oor die slaggate en dilemmas van 'n nuut geskeide lewe, maar ook deur die erns van God se beloftes vir ons lewe vorentoe.  Kyk op die webwerf vir die volgende byeenkoms en kontakbesonderhede.  Hierdie is 'n besige en dinamiese ondersteunigsgroep onder leiding van Christa Beukes.