Emthonjeni News Feb 2010


Emthonjeni Nuus - Feb 2010 

Emthonjeni is deel van Mosaiek en ons Emthonjeni Community Centre is geleë in Zandspruit, Johannesburg. Die Community Centre word bestuur deur passievolle leiers in die gemeenskap. Dit is 'n plek van veiligheid waar mense die spasie en geleentheid gegee word om God se goedheid te ervaar.

Twee stories wat ons ontvang het:

Groen Projek

Die afgelope tyd het Emthonjeni ou rekenaars, drukkers en scanners as donasies ontvang. Dit is versprei in die gemeenskap en van die stukkende rekenaars se parte is gebruik om van ons rekenaars te herstel. Daar het heelwat afval rekenaarmateriaal oorgebly en ons was nie seker wat om daarmee te doen nie. Daar besluit om dit te herwin en sodoende ook die omgewing te beskerm. Ons het R132 vir die herwinning ontvang, wat 'n bonus was, aangesien ons nie enige iets verwag het nie.

Sny van Sokkerveld

Aan die begin van elke jaar is daar 'n geweldig groei van gras op ons sokkerveld. Die veld word onderhou met geen fondse en die kinders moet gewoonlik wag tot die reenseisoen verby is vir die gras om op te hou groei. Hierdie jaar het een van die kinders besluit om a kwekery in die omgewing (New leaf Nursery) in te lig oor die sokkerveld. Hulle het op hulle onkoste die sokkerveld se gras vir die kinders kom sny.

Vir enige inligting insake ons Emthonjeni projekte, skakel gerus vir Estelle Mengel by 011 268 4779 of estelle@emthonjeni.com

 

Preekreekse

Nuus