Geestelike ontwikkeling = 10/10/10 Journey!!

Energie, commitment en geestelike ontwikkeling = 10/10/10 journey!!

• Energie

Ronald Rohleiser definieer spiritualiteit as volg: "Spirituality is about what we do with the fire inside of us!" Daarom is die teenoorgestelde van gesonde spiritualiteit om geen energie te hê nie, om alle lus vir die lewe te verloor. 10/10/10 is ‘n journey waarop ‘n nuwe generasie saam besluit wat hulle, vir 10 weke, met die energie (vuur) binne hulle wil doen.

• Commitment

Tydens 10/10/10 journey is vriende en vriendegroepe uitgenooi om hulle energie in drie verhoudings te kanaliseer. Die verhoudings is met God, met ander, en met die wêreld. Die basiese commitment in elke verhouding is as ‘n uitdaging aan almal gestel:

o Jy word uitgedaag om daagliks vir 10 minute stil te raak (Verhouding met God).
o Jy word uitgedaag om 10 diep kuiers met ander mense te geniet (Verhouding met ander).
o Jy word uitgedaag om 10 keer iets van jouself te gee om sodoende van hierdie wêreld ‘n beter plek te maak (Verhouding met wêreld).

• Geestelike ontwikkeling:

Die commitments is belangrik want die manier waarop ons die energie kanaliseer (dissiplines en gewoontes waarvolgens ons leef) sal lei tot ‘n groter integrasie of disintegrasie in ons verhouding met God, ander mense en die wêreld.

• Ritme:

Die uitkoms van integrasie in ons verhoudings met God, ander mense en die wêreld ‘n lewensritme waarbinne energie, liefde en genade vermenigvuldig.

"Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you'll recover your life. I'll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me - watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won't lay anything heavy or ill-fitting on you . Keep company with me and you'll learn to live freely and lightly." - Matt 11:28 - 30

 

 

Preekreekse

Nuus