10/10/10 - Stories van lewens wat reeds verander het


Sorg dat jy God reg dien. Jy moet oefen om dit te doen soos `n atleet oefen om fiks te bly. `n Atleet wat oefen om fiks te bly doen goed, maar dit help nie vir alles nie. Om egter te oefen om geestelik fiks te bly deur God te dien, is regtig die moeite werd. Dit help `n mens op alle maniere, vir die lewe hier op aarde en die lewe wat vir ons wag in die toekoms. Hierna kan julle maar luister, want dit is die absolute waarheid. Hiervoor probeer ons, ons uiterste bes en ons werk hard daarvoor. 1 Timoteus 4: 7 – 10 Boodskap 

 

Hieronder volg `n paar stories van `n Nuwegenerasie wat besig besig is om geestelik fiks te raak…  

  1. "Soms leef ons in 'n boks. Elke dag gaan ons dieselfde pad, te bang om buite die vier mure van die boks te gaan. Vandag het ek ervaar dat dit veilig is om soms die mure wat ons bou tussen ons en God, ons en ander mense, af te breek, en die Veiligheid van God se hand te ervaar! Soos die wingerdstok is God om ons en hou ons veilig in Sy hand."
  2. "My groot uitdaging (commitment challenge), gaan wees om te connect met God elke dag vir 10 minute, want ek is baie lief vir my slaap. Tog sien ek uit daarna, en dis my groot hoop dat my verhouding met God werklik waar sal verdiep en dat ek 'n dieper begrip vir Sy wil sal kry.
  3. My ander uitdaging gaan wees om my tyd af te staan om iets vir die wêreld te doen. Ek hoop en bid dat die Here my die krag sal gee om dit voluit te doen!"
  4. Ek het nie woorde nie ...Dit was WONDER-lik. Ek is deel van die groter prentjie in God se oë. AL is dit mikorskopies klein, is ek deel daarvan. Ek het soveel besef vanoggend, en besef my eie probleme is niks teenoor ander en die wêreld s'n nie. Tog is hulle myne, maar ek gee hulle oor aan God.
  5. My eie dingetjies = SELFSUGTIG. God klop aan ons harte en smeek ons om SY werk vir ander sigbaar te maak. Om uit te reik... Ek is spraakloos!
  6. Wow, hoe baie het elke dag se 10 minute nie vir my beteken nie! Dit het my diep geraak en my mind oopgemaak vir die Gees. Het baie meer geleer hoe die Here werk en goed bymekaar bring. Ek trou 24 Maart en het net vandag met mense gepraat, want ons moet 'n huwelikskontrak opstel. Toe ons "iets" gegooi het, was die man wat my "iets" optel, 'n prokureur! Toevallig? Nee, ek dink toe-val-lig!
  7. Verlede week was ek baie verbaas om uit te vind ek het GROEN getoets op die spiritualiteitstoets. Gister het ek 'n vriendin van die toets vertel en hoe interessant dit is, toe strike dit my dat ek tot bekering gekom het nadat ek 'n film oor die skepping gesien het en daar besef het hoe almagtig en groog God is.
  8. Om te connect met die mense om jou is so belangrik. Die wol-netwerk was vir my 'n metafoor van support. Die hande is die hande wat uitreik na mekaar om te help en te support in die lewe. Ek wil commit om die positiewe goed in die negatiewe goed raak te sien.

Preekreekse

Nuus