Depressie en angs ondersteuningsgroep


17/03/2010 19:00
01/12/2010 19:00

Depressie en Angs ondersteuningsgroep

Die ondersteuningsgroep word die eerste Woensdag van die maand gehou in die Genesis gebou by Mosaiek (Fairland). 

Die eerste bymekaarkom vind plaas op Woensdag 17 Maart 2010 en daarna die eerste Woensdag van die maand.

Die doel van hierdie groep is om vir mense wat aan angs en depressie ly 'n hawe en uitlaatklep te skep waar hulle hul lewe met ander kan deel. Deur te deel van jou ervaringe en te leer by ander kan jy jou situasie beter bestuur. Onderwerpe rondom angs en depressie sal volgens behoefte op 'n gereelde basis bespreek word om lede ingelig te hou.
Willemine van Velden is n arbeidsterapeut met n passie vir mense wat aan depressie ly. Sy kan gekontak word op selfoonnr

0825635355 of epos willemine.botha@gmail.com

Preekreekse

Nuus