101010 - Die Journey

Ons almal het al die begeerte (al was dit slegs ʼn Nuwejaars-voorneme) gehad om in goeie shape te wees of om fiks te word. Ons almal ken ook die frustrasie wat gepaard gaan wanneer ons nie in shape kom of onfiks bly.

Miskien is jy op ʼn plek waar jy soort gelyke frustrasies in die geestelik dimensie van jou lewe ervaar. Jy het ook al voornemens gehad om geestelik fiks te word maar dit is asof jy net meer onfiks raak.

Die probleem is dat geestelike behoefte om in ʼn dieper verhouding met God te wees, geestelike te wil ontwikkel en om jouself vir iets groter as jouself te gee net al hoe dringend raak, In kort wil elkeen van ons ʼn oorvloedige lewe leef - Die lewe wat God vir jou bedoel (Johannes 10:10)

Daarom is ons oortuig dat God ons aandag wil rig na ʼn groei en ontwikkelingspad in die rigting van hierdie bedoelde lewe. Maar bekommernis, besig wees en geraas laat ons aandag ontspoor. Baie van ons word ook vasgevang in gewoontes, patrone en ritmes waarvan ons ontslae wil raak, Dit is asof ons probeer en probeer, terwyl niks gebeur nie. Die ergste van alles is dat ons baie keer alleen probeer ...

 

Awesome Stories

"Soms leef ons in 'n boks. Elke dag gaan ons dieselfde pad, te bang om buite die vier mure van die boks te gaan.

Vandag het ek ervaar dat dit veilig is om soms die mure wat ons bou tussen ons en God, ons en ander mense, af te breek, en die Veiligheid van God se hand te ervaar!

Soos die wingerdstok is God om ons en hou ons veilig in Sy hand."


"My groot uitdaging (commitment challenge), gaan wees om te connect met God elke dag vir 10 minute, want ek is baie lief vir my slaap. Tog sien ek uit daarna, en dis my groot hoop dat my verhouding met God werklik waar sal verdiep en dat ek 'n dieper begrip vir Sy wil sal kry.

My ander uitdaging gaan wees om my tyd af te staan om iets vir die wêreld te doen. Ek hoop en bid dat die Here my die krag sal gee om dit voluit te doen!"


Ek het nie woorde nie ...Dit was WONDER-lik. Ek is deel van die groter prentjie in God se oë. AL is dit mikorskopies klein, is ek deel daarvan.

Ek het soveel besef vanoggend, en besef my eie probleme is niks teenoor ander en die wêreld s'n nie. Tog is hulle myne, maar ek gee hulle oor aan God.

My eie dingetjies = SELFSUGTIG!

God klop aan ons harte en smeek ons om SY werk vir ander sigbaar te maak.
Om uit te reik... Ek is spraakloos!


Ek is regtig die jaar geroep deur die Here, deur Sy woord, deur omstandighede, deur my verlede, om myself te verloor, om my lewe te kan kry. Ek het besef om net vir my eie behoeftes te lewe nie goed genoeg is nie. Ek het begin om na die stem van God te luister, my oë het oopgegaan vir die werk van God. My lewe het 'n groter betekenis vir Hom
Daar is iets groter as ek
Wat 'n heilige verlange in my wek
'n Verlange om in iets te deel
Wat die wêreld om my kan heel.
Daar is vir elke reisiger 'n plek
Waar God hierdie verlange in ons wek.
Ek weet dat Hy wil hê dat ons moet ontdek,
Waar hierdie verlange ons heen trek.

Here, help my op hierdie ontdekkingsreis,
Maak my oë oop vir die pad wat U my wys
Gee my dan U goeie genade langs hierdie weg,
Sodat ek U lig kan laat skyn op die bitter en die sleg.


Net weer besef dat God my so liefhet dat Hy my in hierdie posisie geplaas het dat ek 'n bietjie van Hom kan deel met mense wat daardie liefde nog nie ervaar het nie.
Dat God by soveel mense wil uitkom maar dat mense se bereidheid nie altyd daar is nie. God moet gedeel word met die wêreld.
Ek het 'n nuwe passie en energie om rerig uit te reik na die behoeftiges daarbuite! Ek wil meer tyd saam met God spandeer en meer gereeld dieper kuiers hê met mense naby aan my! Ek wil nog nader aan God en hoop dat ander Jesus in my lewe sal raaksien.
My storie was om glad nie betrokke te raak nie, want ek is bang vir uitbranding en ‘over-commitment". Ek het wel besef dat God my meer kan gebruik en dat ek glad nie kan groei as ek nie toelaat om betrokke te raak nie. Ek is tans betrokke by Planet J, maar besef ook dat God my meer kan gebruik op ander bedieingsvlakke en met gebroke mense.
Die oggend was vir my awesome! Die belewenis saam met die mense was diep en innig! Ek het weereens besef dat daar 'n spesifieke "calling" op my lewe is - al is ek gebroke en nie perfek nie. God wil NOU met my verhouding bou. Hy wil my gebruik soos ek is! Ek besef ek is 'n klein deeltjie van Sy groter plan!
Sjoe! Ek het vergeet hoe dit voel om stil te raak voor die Here, dat Hy oorvat en ek net beheer oorgee in Sy hande. Dit is hoe dit was by Hom, ek mis dit en ek mis my Pappa. Maar tog al was ek terug in die wêreld is Hy daar om my te vang en te ontvang en lief te hê. Ek het weer my liefde vir Hom onthou en sal werk en strewe na Hom. God moet altyd 1ste wees in jou lewe. As jou verhouding met Hom reg is sal die res net in plek val. Hy is 'n jaloerse God en soek alles van jou en al hoe Hy jou aandag gaan kry is om moeilike tye toe te laat.
Dankie Here!
En almal van julle wat dit moontlik gemaak het.
Hierdie is weereens 'n geleentheid om iets te beteken in ander se lewens, 'n verskil te maak!
Gebruik my asb Here!
Gee ons elkeen asb die nodige:
Krag en energie
Fondse en middele
Liefde en passie
Om hierdie verskil te maak.
Nou, tot in ewigheid.
Seen asb vir Mosaïek en die span wat saam met ons die verskil maak!
Ek het besluit om my ten volle te commit deur die jaar sodat ek myself kan vind en besef watse kind ek vir God wil wees.

Ek wil graag die jaar deel van my 10/10/10 gedoop word. Sodat ek 'n dieper verhouding met God het, en alles vir Hom gee. Dit lê na aan my hart. Dis iets wat ek graag wil doen, van kleins af. Iets wat my fassineer.

Deur dit wil ek ook ontdek wie ek is en wat ek wil wees. Net om vir die Here te wys ek is sy kind en ek glo 110% in Hom en wat hy vir my beplan in my lewe. Sodat ek kan lewe deur Hom en hy deur my, dat ons 'n eenheid kan vorm.

Ek was opsoek na my ID, en het my antwoorde gevind deur 'n eenheid te vorm saam met God. My identiteit lê by God.


Wat vir my uitgestaan het, is wat Johan gesê het:

In my gebrokenheid kan ek iets vir iemand beteken, kan ek iemand help.

Ek het soveel om dankbaar voor te wees maar 'n mens is so geneig om net te kla oor die goed wat jy nie het nie, ipv om dit wat ek wel het goed te bestuur sodat ek vir ander mense ook kan help.


God is asking me to reach out to others .... There is a harvest!

It's small things that God can use to touch others and make a difference.
How can I get involved:
- to make a difference
- to reach out to those around me who are less fortunate than me.

....but the laborers are few...!

How can I change from just being a spectator to more of a participator.


Ek het vandag God regtig beleef in myself, my lewe en my gemoedsrus. Ek weet my Jesus is by my en het my oneindig lief. Ek sal Hom loof en prys my lewe lank. Ek weet ek kan en gaan 'n verskil maak in die lewe.

  

Onthou as jy moedeloos raak:

daar is BAIE medereisigers saam met jou!