



Feminae 2010
Dit is 'n voorreg om hierdie jaar weer saam met jou uit te sien na dit wat die Vader vir ons ingedagte het. Ons fokus hierdie jaar op die tema die Bruilof en elke onderwerp by ons Feminae aande, gaan hierby aansluit. Feminae wil hierdie jaar weer poog om die bediening wat op Kol 2:2-3 gebaseer is uit te leef en saam wil ons stil word en leer van die mistieke geheime van God.