Somer 2012

Somer 2012

Sondag 5 Februarie gaan ons voort met die preekreeks: 'Antieke Wysheid - 'n Reeks uit Spreuke'. Johan Geyser gaan 'n boodskap deel met die tema "Roeping maak saak".

Visie-Sondag 2012

Op Sondag 5 Februarie, vier ons Visie-Sondag wanneer ons as gemeente saam gaan droom en ons elkeen opnuut die geleentheid kan ontdek om ‘n verskil te maak en ons roeping uit te leef.

Na al drie dienste, as deel van ons viering van Community-Sondag, gaan ons op die Piazza saamkuier met springkastele vir die kinders en verskeie lekker eetgoed.

Invest 2012

Ons het ook op Sondag 5 Februarie, die Invest-oogmerke vir 2012 genoem. Jy kan hier 'n onderneming maak om onderasteuning aan te meld, of hier direk 'n kredietkaart bydrae maak. Navrae kan aan Tiaan Willemse gerig word.

Aanddiens en Klipkerk vervroeg

Vanaf Sondag 8 Januarie het ons aanddiens en Klipkerkbyeenkoms op 'n Sondag met 'n halfuur vervroeg. Klipkerk begin nou reeds om 17:30 en die aanddiens om 18:30. Ons sien uit na die invloed wat dit op ons saamkuier en community na die dienste kan hê.

Nuwe wêreldrekord

Baie geluk aan Johan Geyser, en die ander ses fietsryers wat 'n nuwe wêreldrekord vir die verste afstand op 'n statiese fiets binne 24 uur. Meer daaroor hier.

Preekreekse

Wat lê voor

Nuus