Survivor Adventure


13/03/2010 00:00
13/03/2010 16:00

Saterdag, 13 Maart is dit speeltyd! Ons gaan ons fisiese en intellektuele kragte op die proef stel in die

natuur, weg van die betonoerwoud.

 

Die kostes beloop R280 per persoon en sluit race buffs in wat jy kan saamneem huistoe as aandenking

asook peuselhappies gedurende pouse. Wees gerus dat die happies nie pote of vlerke aan het nie. Dis

lankal dood en in verwerkte vorm.

Wat om saam te bring?

· Bring kos saam vir braai na die tyd – ons het die braaigebied vir die middag tot ons beskikking.

· Daar is swemgeriewe vir die wat warm gespeel is!

· Ons moet ongelukkig al ons drinkgoed op die perseel aanskaf – bring dus ‘n paar rande daarvoor ook saam.

· Gemaklike klere (wat kan vuil en nat word) en los liewer die hakskoene by die huis en pak tekkies in. Plus ‘n stel skoon klere vir die braai na die program.

· ‘n Hoed en/of sonblok sodat jy nie braai nie.

Daar is geen fiksheidsvereistes nie en jy hoef nie sterk of slim te wees nie, net ‘n bok vir sports.

Nog plek is beskikbaar so kontak 30Somethings@mosaiek.com voor 28 Februarie 2010. 

Preekreekse

Wat lê voor

Nuus