



Die herstelproses is die begin van 'n reis wat jou in staat sal stel om 'n welsprekende spreker te word met selfvertroue. Vir sommige mag dit 'n lang pad wees, maar moenie daardeur ontmoedig word nie. Die kursus is so ontwerp om elkeen se behoeftes te akkommodeer.
Ons siening is dat die rede vir hakkelry nie is as gevolg van jou vrees om te praat nie, maar jou vrees om te hakkel. Gevolglik hanteer ons beide die fisiese sowel as die psigologiese aspekte van hakkelry.